Banscherus, Jürgen:
Speurder Kwaaikofski –soene en sirkusse(H&R, 2015)
Speurder Kwaaikofski word besoek deur Pedro van Zampano se
sirkus. Hy het hom nodig om vas te stel
waarmee sy suster Vanessa haar besig hou- dalk met iets onwettig. Met hul
vertoning as die Magiese Martelli’s gooi sy kegels en elke keer gooi sy deesdae een mis wat dan
weer dadelik akkuraat uit die gehoor na haar teruggegooi word.
Kwaaikofski word vergesel deur Olga van die kiosk om ‘n
vertoning by te woon waar hy miskien sal kan vassstel waarmee Vanessa besig is.
Selfs bekwame speurders soos Kwaaikofski kan flaters began as dit by ‘n
ondersoek kom! Gaan dit toe uiteindelik om soene – hy is juis dodelik siek nah
y Olga met ‘n soen oorrreed het om hom te vergesel!
‘n Gewilde reeks, die teks is lig en humoristies, en die
illustrasies help om die hele leeservaring lekker te maak. Veral die leesbare
grootdruk sal beginner lesers verwelkom.
Smith, Alex: Grietjie
en die baie honger leeu( LAPA, 2015)Afrikaans deur Jaco Jacobs
Grietjie ontvang ‘n dringende oproep van tannie Poppie om te
kom help, want sy is oortrek met kolle.
Die pad is lank-
Grietjie stap oor slapende krokodille, onderdeur kameelperde, en verby
kwetterende apies, sluip tussen miershope, deur waai vir meerkatte en gaan sit
in die skadu van ‘n boom om te rus.
Nou kom die geleentheid vir ons heldin om haarself te bewys,
want ‘n honger leeu is reg om haar en tannie Poppie op te vreet. Wie gaan vir
wie uitoorlê?!
‘n Lekker groot formaat-boek met illustrasies wat vol
verbeelding en humor is. Die aanslag is modern, en jong lesers sal dit geniet
om te sien watter komiese transformasie die honger leeu ondergaan,
terselfdertyd is daar die subtiele les om nie kinders en tannies te wil opvreet
nie! Baie lewendig en kleurvol.
Brain, Helen &
Webb, Nicky: Tania en die perdry-kompetisie ( H&R, 2015) Illlustrasies
deur Rico Schacherl Ook verkrygbaar in Engels as Jamie and the horse show.
Tania en die towerfluitjie was die eerste avontuur in
hierdie reeks- veearts-vriende.
Die leser word weer
bekend gestel aan ‘n uiters deurmekaar gesin- Arabella is die veearts ma; die
Professor wie se onderbroeke gedurig in die toilet beland die pa; daar is Tiek
en sy maat Chanza en Bieber Tiek se aap; die ouer boetie Tobie en natuurlik
Tania die suster wat so graag die perd Oreo van Mevrou Bunhoffer wil koop maar
natuurlik nie genoeg geld het om so ‘n spesiale perd te koop nie. Die titel laat ‘n mens ‘n perdestorie verwag,
maar hier is daar ‘n versameling van korter hoofstukke met snaakse
insidente, en selfs word ‘n ma-kat
gered en ‘n gehawende African Grey neem ook sy intrek in ‘n reeds chaotiese
deurmekaar huishouding. As die toilet nie aan mekaar
verstop nie, maak die
jong seuns vir die finale perderesies gemmerbier wat heelwat konsternasie
veroorsaak, en bak die Professor ‘n quiche wat selfs hy nie kans sien om te eet
nie!. Wat Tania betref word sy in haar gehawende ryklere op die moelike perd
McTavish gestel teenoor die ryk versorgde meisie Shardonnay en haar ma Liberty
Barker-Polls, lg. was saam met Arabella die veearts, op skool. Natuurlik “koop”
Shardonnay die perd wat Tania oor droom, maar is dit
regtig die einde van Tania se droom?
Vir my verloor die boek memento deurdat die hooftema
gedurigdeur afgewissel word met ander insidente , en hoewel die skrywer soms
snaaks is en onderhoudend kan vertel, is sy sterker as verteller van komiese
huishoudelike situasies en nie regtig so oortuigend met die uitbeelding van
Tania se behoefte aan ‘n wenperd nie. Tania as karakter is ook te veel bewus
van hoe sy afsteek teen die welgestelde opposisie- Shardonnay, en ‘n mens kry
die gevoel van sterk selfbejammering met tye. Die vertaling is ook by tye lomp.
Fifi die niggie wat lispel met haar naïwe opmerkings is soms die mees
geloofbare karakter! Die insident waar
die kat met die drie kleintjies se lewe gered word is oortuigend gedoen, en dit
is baie duidelik die bydrae van die medeskrywer Nicky Webb, ‘n veearts.
Die boek is geskik vir 8-10jariges en sal veral byval vind
by lesers wat hou van snaakse insidente rondom ‘n gesin waar daar nooit ‘n
vervelige oomblik is nie, en mens soms lekker kan lag vir hul manewales!
Vir 12-18jariges:
Verwey, Pieter: Clint
Eastwood van Wyk en die moordenaarsklok( Tafelberg, 2015)
Clint Eastwood van Wyk , sy neef Budde wat so pas uit
Amerika aangekom het vir die vakansie, sy ouers en die hond Walkabout- ‘n
volgroeide boerboel bring die vakansie deur op die plaas Klleinbrandskraal in
die Moordenaarskaroo waar sy pa glo ‘n groot argeologiese ontdekking gemaak
het. Die enigste ander twee mense daar is Johnny oftewel Kiewiet en Oupa
Gammie, ‘n regte Griekwa.
Dink jy as leser dit gaan ‘n gewone vakansiestorie wees?
Dink weer! As dit nie sy ma is wat navorsing doen oor spoke nie, is daar die
oerskerpioen wat sy pa ontdek het; Oupa Gammie se vertellings van die Karoo se
baie stories – oor meerminne, ‘n Waterslang , ondergrondse mere en ‘n bobbejaan
–die vermoorde Jan Prinsloo, ‘n spookhuis en selfs geheime waarvan hy hulle nie
vertel nie en hulle later mee kennis sal maak.
Hulle grootse avontuur begin die dag toe Walkabout na een
van sy rondloper-togte terugkom met ‘n dier in sy bek- ‘n versteende muishond.
Prof Theuns besluit die gedierte moet by die Universiteit besorg word, en die
jongmense vertrek om uit te vind waar Walkabout dit opgetel het. En wat ‘n
wonderlike avontuur word dit nie! Die spore lei na ‘n ondergrondse grot, ‘n
meer, versteende diere en drie versteende mensfigure; ‘n moordenaarsklok, ‘n
Waterslang in die vorm van ‘n griffioen ,die landing van ‘n Zeppelin, Mr
Theobold ‘n Victoriaanse robot, en Lord
Pinion, die eienaar van die Zeppelin. Natuurlik ontwikkel dit tot ‘n geveg om
lewe en dood; terwyl die raaisel van die rookwolk en versteende diere en mense
ook opgelos word.
Hierdie is ‘n boek geskep deur ‘n skrywer met ‘n verbeelding
soos min, en ‘n liefde vir wetenskapfiksie. Retro-fantasie. Steampunk.
Tydreise. Seuns sal hul eie verbeeldingsvlugte kan uitleef deur deel te neem
aan Clint Eastwood en Budde en Kiewiet se oorlewingstog. Pieter Verwey het’n
verhaal geskep wat tot nog toe nie tematies ge-ewenaar kan word in
jeugliteratuur nie. Wel gedaan! Sjoe, ek was uitasem gelees.
Pantermüller, Alice
en Kohl, Daniela: Lotta se lewe-‘n haas uit die hoed ( H&R, 2015)Afrikaans
deur Kobus Geldenhuys.
Lotta se lewe het reeds in vier ander titels die lig gesien:
Konyne by dosyne; Bendes, swape en skape; Wieg, wurm wieg; en My skilpad uit sy dop.
In hierdie vyfde titel in die reeks Lotta se lewe het Lotta
waterpokkies en hoef sy gelukkig nie skooltoe te gaan nie. Sy is egter
verskriklik verveeld en besluit dat sy ‘n stokperdjie moet kry. Hierdie
behoefte vorm die basis van die verdere gebeure. Chantelle, haar vriendin, moet
kop bysit. Terug by die skool moet Paul-hy is deel van die Kwaai Konyne bende-
ook help, maar hy is meer geïnteresseerd om sy eie toorkunsies te oefen. Die
meisies besluit toe om te leer sierskaats doen-nog ‘n fiasko- en dan word hul
begeerte om in Zack Zeeman se nuwe fliek as ekstras te speel die hoof-fokus vir
die res van die verhaal. Natuurlik maak hul swak gedrag hul onsuksesvol. Die
finale belediging is toe Paul vertel dat hy sonder dat hy probeer het, ‘n rolletjie in die fliek gekry het. Die twee
vriendinne ontdek die hasie uit Paul se towerhoed in die park, en speel toe
maar met ‘n Frisbee- dalk is dit ‘n goeie idee vir ‘n stokperdjie?!
Lotta se aanhangers sal dit sekerlik weer geniet om te deel
in haar eienaardige gewoontes, gedagtes en maniertjies. Ek het die boek self nie baie opwindend
gevind nie, maar gee erkenning aan die illustreerder wat met haar fyn
illustrasies en die baie detail, ook met byskrifte , die boek meer lewendig en
vermaaklik maak.
Krahtz, Carin: Elton
amper-famous April en Juffrou Brom( Tafelberg, 2015)
Reeds met die lees van die eerste twee inleidende bladsye
van die boek besef die leser hier is iets baie spesiaal. Elton vertel in die inleidende naskrif dat hy
‘n prys gewen het vir Afrikaans in Graad 7en nou wil hy sy storie vertel. Hy woon by sy ma,sy Dad is in Oudtshoorn, en
Afrikaans is sy swakste vak op skool. :”Ek wil
hom vertel hoe swaar Afrikaans op my binneste lê”. Maar toe daag die
nuwe Juffrou op vir Afrikaans- “Dit was of die wind haar uit nowhere spesiaal
vir ons kom aflewer het”. Dit is die begin van Elton se bekendstelling aan die
onderrrig van Afrikaans waar kreatiwiteit en oorspronklike denke aangemoedig
word; hy mag nou wel nie goed kan spel nie, maar hy het sy ieie unieke aanslag
met die taal. Sy beste maat Dawid deel sy drome- hy speel goed krieket, maar
geld is min met ‘n ma wat onbetroubaar is en nou ook haar laaste geld in ‘n piramiede-skema belê
het. Sy is amper nooit tuis nie, en heel dikwels moet Elton maar by die Griek
aanklop vir los werkies of selfs buite in die koue slaap. Maar dan is daar
Juffrou Brom wat altyd op die regte tyd op die regte plek is in Elton se lewe.
Hy moet ook uitvind dat al die gissings oor haar lewe tussen die kinders
gladnie waar was nie. En dan het sy
daardie wonderlike vermoë om kinders soos Letitzia “vir ‘n se suit te haal!”
Die boek raak jou na aan die hart. Dit is nie net baie goed
geskryf nie, maar deurspek met humor en ‘n duidelike en geloofbare verklaring dat die menslike gees
nie blusbaar is nie.
Carin Krahtz ken Afrikaans, en sy kan gerus nog baie skryf!
Hoogs aanbeveel.