De Wet Hugo, Die meisie in die
maanlig( H&R, 2019) Grilgrypers 4.
Die vierde
titel in ‘n gewilde uiters grillerige reeks wat weereens jou as leser
hipnotiseer met al die onverklaarbare en vreesaanjaende insidente in die lewe
van die hoofkarakter Babette.
Babette se
pa gaan oorsee vir werk en sy moet op Rustfontein gaan bly by tannie Theodora ,
die dorp waar haar pa se eerste liefde Heleen spoorloos verdwyn het. Die dorp
het ook ‘n ou geskiedkundige begraafplaas, en Babette haat begraafplase na sy
‘n fliek oor zombies gesien het.
Dus met die
intrapslag is die dorp vir haar onruswekkend en vreemd- sy moet in ‘n
Victoriaanse herehuis bly; die straat is Angelierstraat en vir haar is
angeliere begrafnisblomme, en in die voortuin staan ‘n grafsteen.
Sy word
ontmoet deur die tante en ‘n seun Tiaan wat haar dadelilk vertel dat daar ‘n
musiekproduksie by die plaaslike teater gedoen gaan word, en sy is mos
musikaal. Sy verneem ook dat oom Carel ‘n lyksbesorgerwas en ‘n gedeelte van
die huis was sy lykshuis.
Die toneelstuk
gaan oor zombies en monsters, en sy verneem ook van Avani dat die begraafplaas
deur ‘n meisie se familie vervloek is
tot ‘n zombienes.
So skep die
skrywer op vernuftige wyse ‘n toneel waarin Babette meegesleur word in vreemde
gebeure; o.a. ‘n zombie in haar klerekas;
sy word agtervolg deur ‘n vrou in ‘n swart lykswa, sy begin zombies sien
, en in haar klerekas sien sy ‘n tienermeisie met ‘n halwe gesig in ‘n wit rok
wat lyk of bloed oor haar gerëen het…
Geleidelik
word die verhaal opgebou tot die skrikwekkende finale gebeure waar Babette om
haar lewe moet veg…die onsterflikes op die dorp gebruik die zombies om
onskuldige kinders na die begraafplaas te lok…
De WetHugo
skryf met vernuf en ‘n ryk verbeelding om die lesers heeltemaal te betrek by ‘n
grillerige verhaal. Daar is uiteindelik ‘n goeie balans tussen fantasie en die
werklikheid wat vir Babette toe heeltemaal gerusstellend verloop.
Hierdie
genre is uiters gewild by jong lesers, en Grilgryper 4 stel nie teleur nie.
Walliams, David: Karre en kroeks(
PROTEA, 2019) Afrikaans deur Kobus Geldenhuys.
As daar nou
een skrywer van jeugboeke is wat lesers op ‘m mallemeule-vaart kan neem is dit
ongetwyfeld Walliams.
Daar het
reeds 11 vertaalde werke van hom in Afrikaans verskkyn by PROTEA uitgewers, en
elke boek is net een groot plesier om te lees.
Frank is tog
te trots op sy pa wat ‘n kampioen renjaer met stampkarre is in sy ou Mini
Queenie. Maar met ‘n ongeluk verloor hy sy been, sy vrou Rita verlaat die twee
en finansiëel gaan dinge ook maar broekskeur. So raak hy betrokke by gevaarlike
boewe, hy leen geld by Meneer Groot sy vrou se nuwe man en beland in die tronk
toe hy Frank teen die boewe wou beskerm.
Frank is
egter ‘n seun met groot planne. Hy dink ‘n meesterplan uit om sy pa uit die tronk
te kry en die geld wat uit die bank gesteel is weer terug te plaas.
Die
verhaal word uitmuntend aangevul met Tony Ross se sketse; verskeie letterfonte
word gebruik om dinge nog lewendiger te maak, en afgesien van al die jaende
motors is daar interessante karakters soos pastoor Judith, tannie Flip en Raj
die winkelier wat hom help om sy pa uit die tronk te laat ontsnap.
Walliams gee
vrye teuels aan sy verbeelding, en kyk met ‘n soms siniese blik na die karakters
in sy verhaal. Veral seuns sal diet Karre en Kroeks baie geniet; en ongetwyfeld
word die pa-seun verhouding positief en met waardering uitgebeeld. Hoogs
aanbeveel.