Jacobs, Jaco: Z is vir Zackie- Die
Pretpark( LAPA< 2017)
Zackie en
Vincent is baie opgewonde omdat hulle die pretpark gaan besoek. Maar soos
gewoonlik is Anton, die boelie, ook daar om hul pret te bederf. Hulle ry op die
spooktrein maar die Laggende Spook hulle uitlag, gevolg deur die Groot Wiel
maar Vincent is bang hiervoor. Anton hou hom besig om hulle voor die ander
kinders uit te lag. Maar die twee vriende maak ‘n plan om Anton op sy plek te
sit.
In hierdie
reeks vir beginner lesertjies het reeds 4 titels verskyn. Elke boek is vrolik
geïllustreer deur Alex van Houwelingen en het net genoeg woordeskat om
beginners te prikkel- veral as die karakters soveel pret het!
Jacobs, Jaco: Z is vir Zackie- Die
Tentavontuur( LAPA, 2017)
Wat is nou
lekkerder vir twee maats as om saam met Zackie se pa te gaan kamp vir die
naweek? Ongelukkig is Anton en sy
spoggerige pa ook daar, en die twee kies natuurlik die beste staanplek en spot
met die onervare kampeerders- hulle ken van kampeer. So bederf hulle elke geleentheid vir die
ander om vis te vang of na voëls te kyk met hul lawaaierige foon en brullende
motorfiets. Zackie se pa se waarskuwing dat dit die nag gaan rëen val ook op
dowe ore, en die verwaande pa en seun leer ‘n onsmaaklike les. Wie ken nou van
kampeer?!
Weereens ‘n
vrolike toepaslik geïllustreerde boek om kinders lief vir lees en boeke te
maak.