Bond,
Michael: Paddington( PROTEA,
2018) Afrikaans deur Amelia de Vaal.Illustrasies deur R.W. Alley
Drie
Paddington verhaaltjies word hier in een publikasie aangebied- Paddington die
kunstenaar, in die hospitaal en by die dieretuin.
Paddington
word geïnspireer deur ‘n buiteluguitstalling om sy verfkwaste ook nader te pluk
en sy eie uitstalling te hou. Hy raak aan die slaap , en tot sy verbasing is al
sy werke verkoop toe hy wakker word. Meneer Gruber was nauurlik die weldoener,
en Paddington is so gelukkig dat hy nou ‘n familieportret wil aanpak, min
wetende dat hy nou nie die kunstigste beertjie ooit is nie! Maar selfs bere het
mos vriende wat hul ondersteun.
In Paddington
in die hospitaal maak hy sy skouer seer, ly blykbaar aan geheueverlies
sodat die familie besluit hy moet in die hospital opgeneem word vir toetse en
observasie. So word ‘n beers verblyf in
die hospitaal lesers se bekendstelling aan hierdie omgewing, en ook ‘n goeie leerskool vir die dokter. Paddington
het dit ook geniet om n proefkonyn te wees, en deur sy voorbeeld kan kinders
leer om nie bang te wees vir ‘n hospitaal en dokters nie.
Paddington by die dieretuin:
Op ‘n uitstappie na die dieretuin neem
Paddington ‘n stapel marmeladetoebroodjies saam wat hy een vir een verloor by
die verskillende diere wat hy besoek. Paddington besluit agterna dat dieretuin
mens honger maak, want al jou toebroodjies word gegaps, en dat net die pappegaai sy gunsteling
dieretuin-bewoner is, want net hy het vir hom dankie gesè vir die toebroodjie.
Paddington
is ‘n geliefde karakter wat kinders al baie jare lank vermaak met sy onskuldige
manewales, en tersefdertyd is daar ‘n
lewensles ook telkens subtiel ingeweef in die gebeure. ‘n Aantreklike boek met die oulikste beertjie
illustrasies deur Alley; onskuldige pret vir kleintjies wat van bere hou, en
wie dan nie?
De Kinder, Jan: Is jy bang in die
bos, Pappa Wolf?: (PROTEA, 2018) Vertaal
uit Nederlands deur Amelia de Vaal.
Tot groot
vermaak van kinders is Pappa Wolf die bang karakter in die storie wat deur sy
seun die klein Wolfie teen sy sin saamgesleep word na die bos. Klein Wolfie
moet sy pa deurgaans gerusstel as hy skrik vir iets. Hy hardloop verskrik weg as die dogtertjie
haar verskyning maak, en die twee kinders bespreek saam die feit dat hulle
ouers so versigtig is vir mekaar!
‘n Pragtige
boek met die mooiste volblad illustrasies in die bos . Subtiele kleure
oorheers, die enigste helder kleur rooi is Rooikappie se rokkie, met hier en
daar ook spatsels rooi in die teks en aan die wolwe se klere.
De Kinder
skryf met humor en tong-in-die-kies en gee ‘n oorspronklike kinkel aan die
klassieke verhaal. Die kinders is in beheer van die verhaal, wat hul
selfvertroue ‘n hupstoot sal gee.
De Kinder, Jan: Rooi waarom boelies
nie snaaks is nie( PROTEA, 2018).
‘n
Dogtertjie wys ewe onskuldig na die seun Tobie se rooi wange, en wanneer meer
kinders bykom, verander die onskuldige oomblik in ‘n ernstige situasie waar
almal hom konfronteer oor sy rooi wange, veral aangevuur deur Paul die boelie .
Hy raak al meer luidrugtig en onsmaaklik soos hy Tobie spot, en die dogter vra
hom om op te hou. Maar selfs sy word bang vir Paul: ”Paul se tong is so skerp
soos’n mes. En sy vuis is so hard soos ‘n baksteen”. Wanneer die juffrou die
klas uitvra oor die geboelie, is sy uiteindelik dapper genoeg om haar hand op te
steek, gevolg deur die ander kinder swat hulle nou by haar skaar teen die
boelie Paul.
De Kinder
vertel die verhaal van ‘n boelie subtiel en effektief ,en die eenvoudige dog
treffende illustrasies maak ook ‘n sterk
bydrae tot die impak van die verhaal. Onskuldige kindergesigte word geplaas
teen ‘n rooi agtergrond en ‘n aaklige wolf figuur, om hul vrees vir die paaiboelie en sy venyn uit
te beeld. Teen hierdie rooi agtergrond vertel die dogter dat sy nie wil
doodgaan nie, maar ewe dapper steek sy tog haar hand op sodat die boelie
uitgewys kan word, gevolg deur die ander kinders. Nou is Paul se lag hol, en vir die meisie lyk
hy nou behoorlik groen.
Die
illustrasies is so effektief gedoen- - die kindergesiggies is byvoorbeeld in rooi, met net die wit van hulle oë en haar
streeptrui en wit gesiggie om die donker emosies van die boelie te kontrasteer.‘n
Oorspronklike boek wat nuttig gebruik kan word om kinders te leer dat standpunt ingeneem moet
word,verkieslik as ‘n groep, teen paaiboelies.
Stanley, Mandy: Hanli(PROTEA, 2018).
In Afrikaans vertaal deur Amelia de Vaal.
Drie
Hanli-stories is saamgevat in een boek- Die
vlieënde hasie, die Ysprinses en die Kersfeeswens.
Ek onthou
nog hoe ek die Engelse titels in Afrikaans vertaal het om vir kinders te vertel
aangesien Hanli net eenvoudig die oulikste hasie ooit kan wees en hulle moes
haar stories hoor! Nou is die Afrikaanse weergawes gelukkig beskikbaar.
Hanli wil
tog te graag leer om te vlieg, maar
al haar pogings misluk. Sy sien ‘n klein pienk vliegtuigie en besluit om in te
klim. Die vliegtuigie word deur ‘n
dogtertjie op afstand beheer, en toe Hanli weer grondvat,beheer die dogter haar
vlug terug huistoe, tot die bewondering van die heleHasie-familie.
Eeen
wintersmiddag sluit Hanli aan by kinders wat ‘n fees op die ys hou waar die ysprinses gekroon gaan word. Hulle maak vir haar ‘n rokkie en sy kry
klein ysskaatse Die prinses se tiara val a fen Hanli red dit uit die struike.
Haar belonging is ‘n sterretjiesarmband en as sy tuiskom, dans sy die dans van
die ysprinses vir haar familie.
Hanli in die Kersfeeswens val op die ys en volg
kinder swat oppad is om Kersfees te gaan vier by hul huis. Sy wou nog altyd wee twat Kersfees
beteken. By die huis sien sy koekies, en
toe ‘n glinsterende boom met onder die boom ‘n
feetjiepop! Sy vertel aan die
kinders dat sy graag ‘n kersfeetjiewil wees, en hulle trek haar aan. Toe sy
huistoegaan, versier hulle die boom buite hul gat. Soword die hasies se
Kersfees ook betowerend mooi en gelukkig.
‘n
Pragtige boek wat baie dogtertjies met
vreugde sal wil lees en besit. Hoogs aanbeveel vir jong lesertjies.