Schmidt, Annie M.G. : Wiplala (
PROTEA, 2018) Illustrasies deur Philip Hopman.Vertaler Amelia de Vaal.
Die gesin
Blom en hulle kat Vlieg voer maar ‘n vervelige bestaan met Menner Blom wat wat
besig is om’n boek te skryf en die kinders wat hulleself maar moet vermaak.
Maar alles
verander wanneer ‘n klein mannetjie so groot soos ‘n kabouter in hul huis
verskyn, en homself bekend stel as ‘n
Wiplala. Hy is weggestuur deur sy mense omdat
hy sukkel om goeters te “betinkel”- of in standbeelde te verander.
Hy betinkel
eers die kat, toe Meneer Blom, maar op die kinders se versoek toor hy hom weer
terug. Die digter Arthur is volgende aan die beurt, en gelukkig veroorsaak sy
standbeeld ‘n opskudding in die gemeenskap wat hom nooit ge-eer het nie! Dit is
die begin van ‘n ongelooflike avontuur
wat die gesin saam met Wiplala beleef, want hy toor hulle om netso klein soos
hy te wees en op die rug van ‘n duif vertrek die gesin na ‘n wêreld vol nuwe
kennisse en avonture.
Annie
Schmidt is intenasionaal bekend as kinderboekskrywer. Hierdie verhaal het in
1957 in Nederlands verskyn, en is in verskeie tale vertaal en ook verfilm.
Die verhaal
lees tog te lekker; daar is nie ‘n vervelige oomblik vir die leser nie, en as
voorleesboek vir kinders behoort dit in elke tuisversameling! Die boek is
pragtig versorg, en die illustrasies pas perfek by die styl en tyd. Hoogs
aanbeveel. ‘n Leesgenot.
Jacobs, Jaco: Die swakste restaurant
in die heelal(LAPA, 2018) Illustrasies deur Dale Blankenaar.
‘n
Versameling van 10 skreeusnaakse stories deur ‘n skrywer wat die psige en taal
van jongmense maar alte goed verstaan.
Die
verwaande Zander leer ‘n duur les in die swembad waar hy gedurig vir Tyrone
afknou omdat hy swak swem.
Wanneer Leah
se oefenry op haar nuwe elektriese kitaar die buurvrou tannie Tina tot raserny
wil dry f en haar selfs motiveer om Tina oor die lawaai by die polisie te laat
aangee, moet sy egter ‘n les geleer word. Die rockgroep Lizzard trek in hul huis toe
hulle verhuis- en die groep maak die wildste en hardste rockmusiek ooit; veel
erger as Leah se onskuldige oefenpogings.
Anton Smit
is ‘n doodgewone seun wat alewig aangesien word as die popster Brandon
Skye. Hy het een besondere talent- hy is
nie bang vir hoogtes nie, en sy heldedaad laat toe die bordjies verhang oor wie
nou eintlik die “pop”ster is.
Wanneer die
twee alien professors probeer om die aarde deur aliens te laat oorneem gebruik Lienke Karlo Karelse se kougom om ‘n stokkie of
liewer ‘n prop in hulle masjienerie te steek.
Hierdie is
maar ‘n paar voorbeelde uit die 10 kortverhale wat elkeen ‘n verassende
humoristiese einde het, subtiele lewenslesse leer, en Jacobs se talent vir
skryf en stories vertel Die tweede titel in ‘n reeks baie duidelik onderstreep.
Hoogs aanbeveel.
Jacobs,Jaco : Professor Fungus en die
onsigbare skurk en Professor Fungus en die gekloonde konyn ( LAPA, 2018)
Illustrasies deur Johann Strauss.
Hierdie is
die 13de en 14de titels in die geliefde Professor Fungus reeks, en weereens is
die leser nie teleurgestel nie. Van die onsigbare skurk Boete Breed wat die Professor se nuwe verdwyn formule steel om
die kosbare Keiserlike Knewel diamant by ‘n uitstalling te steel, tot in die
14de titel met sy nuwe kloon-masjien waar ‘n konyn per ongeluk getref word en
die getal konyne eers op die plaas vermeerder tot ‘n vernietigende groep wat
die boer Neef Naas se hele oes kon verwoes as daar nie ingegryp word nie- die verhale vir jong lesers bly groot pret, is
aksie belaai en Strauss se illustrasies bly maar net ‘n groot aanvulling tot die
vrolilke energieke teks. Lekker lees is almal se voorland!
Maartens, Wendy : Helde van Suid
Afrika, 2( LAPA, 2018)Illustrasies deur Alex van Houwelingen.
Ses verhale
wat aan beginner lesers vertel van die heldedade van onbekende figure soos
Sultan die groot herdershond wat sy baas se lewe red deur ‘n elektriese koord
vas te byt; en o.a. die bushelde van
Westdene –seuns wat die lewens red van van
hul skoolmaats in die bus wat in ‘n dam weggesink het.
John Ross
wat 1000 kilometers gestap het om medisyne vir sy vriende te gaan haal, en
Richard Simelane van die City Deep-goudmyn wat 100 meter ver met sy kaal hande
gegrawe het om 18 lewens te red. Of die
verhaal van Klara Majola die dapper
dogtertjie wat haar blinde pa gaan soek het in ‘n ysige stormagtige nag en toe
self verkluim het.
Kinders in
skole kry gereeld die opdrag om die lewe van ‘n dapper person uit ons eie
geskiedenis te vertel. Hierdie boekie kan dien as ‘n hulpmiddel e nook ‘n
inspirasie vir ander om onselfsugtig ‘n pad deur die lewe te loop.