Jacobs, Jaco: 101 Nagmerries(LAPA, 2019). Illustrasies
deur Imile Wepener.
Net om na
die inhoudsopgawe van hierdie versameling van 101 nagmerries tekyk laat jou
asem behoorlik wegslaan! 296 bladsye met stories meestal nie meer as twee
bladsye nie, en ingesluit bangmaak-gediggies met Knoopoog op die laaste bladsy
om te verseker dat jy lekker slaap…
Jy vind uit
hoekom niemand by tannie Hannie op die plaas kuier nie; ‘n vreemde boom in die
tuin van ‘n wetenskaplike wat verdwyn het, ‘n grillerige masker wat jy liewers
nie oor jou kop moet trek nie; Ninnie die spookdogtertjie wat sukkel om maats
te maak; Vernon wat laat is vir skool omdat ‘n lugskip met ‘n glimmende oog
verwoesting saai; Tannie Annie wat uitvind mens kan skrik vir koue pampoen
veral as dit lewendig word; Charlie wat met lewende graffiti te doen kry ; ‘n
swart kol teen ‘n muur in die skool wat kinders hipnotiseer; Berta wat gelukkig
nooit onder haar bed kyk nie; dat wat at jy nie weet nie kan jou werklik
seermaak; dat dit is gevaarlik om op ‘n spooktrein te ry; Meneer Pauw die
onderwyser wat twee keer per kwartaal vreemd optree en dan verander sy oë ook
van kleur; Regard in die klerewinkel met ‘n pop wat op ‘n haar netsoos hy lyk;
nare dinge kan jou tref as jy iemand se partytjie prober omver gooi net omdat
hulle vreemde goeters eet; ‘n towerpen wat skatte ontbloot; ‘n doodgewone
parkie bedek baie geheime want dit was eers ‘n begraafplaas; pasop vir ‘n haarkapper wat bekend is dat hy
so lekker hare knip…;vreemde weer lewer ‘n plaag van verwoestende paddas op;
moet nie jou hand in ‘n oop gat in die pad druk nie omdat geluide daaruit kom
nie; Abri wat deur ‘n vlermuis gebyt word
en verander in een; wegkruipertjie speel
kan dalk snaakse deelnemers oplewer; ‘n tandarts wat op sy tande kners doen dit
dalk want hy is dalk ‘n reptiel met ‘n swart-grys tong; ‘n spook in ‘n koshuis
spook dalk regtig; dalk is dit gevaarlik om met die skoolgeraamte te dans,
veral as jy met haar beenhand huistoe gaan; waak daarteen om die skub van ‘n
draak huistoe te neem en dit nie betyds terug te besorg nie. Kinderspeletjies
by ‘n verjaarsdagpartytjie mag dalk ‘n
werklike slangetjies en leertjies speletjie bevat. Iemand se oor in jou wasbak
mag dalk gevaarlik wees. Kevin is ‘n stout seun wat uitvind wat Kamp regruk nou
werklik vir hom inhou. Ivan slaag daarin om die vinnigste ou in sy klas
Basil te wen toe Basil deur die rondgaande
epidemie getref word en aggressief begin optree. Hansworse bly nou maar eenmaal
grillerig, veral as jy hulle wegjaag. Gelukkig gaan stap Janke met Kaptein die
herdershond want die ou huis mag dalk geheime gevare inhou wat Kaptein
instinktief aanvoel. ‘n Gesin wat in voëlverskrikkers verander wanneer hulle op
‘n plaas gaan aarbeie plant; op volmaan nagte gebeur daar snaakse dinge, soos
Jenny wat beweer dat sy deur ‘n werewolf aangeval is.
Hierdie
uiteenlopende verassende stories word aangevul met ‘n versameling gedigte wat
netso angswekkend werk:’n Katvoet juffrou, Koggelmanderman, ‘n Laksman,
Halloween, Klaarpraat met jou, Spookasem, die lang skraal man…, die spookhond
van Donkerdal; Nagwag en die Egiptiese mummie; die spook van Uniondale; die
heks van Hexrivier; Frankenstein, monsterslym; nagmusiek waar twee dansende
geraamtes dopgehou word; ‘n Geheime bestanddeel in tannie Annie se souttert; ‘n
huis wat sug en kreun, tant Anna se portret wat ‘n mens bangmaak; visvingers;
niks om voor bang te wees nie; ‘n ruiter sonder ‘n kop; ‘n bosmeisie; die
meermin se lied; ‘n afgekapte hand; as die vloerplanke kraak; die roep van’n
uil; Swartbaard die seerower kaptein; die Jeti; Baba jaga; ‘n Waterslang; ‘n
lewendige mallemeule; die legend van die middernagman; ‘n nagwind wat jou asem
steel; ‘en o.a.my gunsteling rympie van die Ysvrou :
“Kromverkluimde
voëltjie
Onder die
winterkaal prieel
Die Ysvrou
het laas nag stil-stil
Jou asempie
kom steel”.
Daar is self
strokiesprent-verhaaltjies soos die Sleutel; Wesens uit die buitenste ruim wat
met pruike inpas by aardse skoolkinders; Twiet met gevaarlike voëls, en
Voëlverskrikkers.
Afgesien van
hierdie groot verskeidenheid van nagmerrie-stories, is daar die illustrasies
van Imile Wepener wat jou asem wegslaan en die teks nog meer angswekkend
aanvul. Met ‘n treffende omslag teen ‘n donker agtergrond plaas hy met groot
insig en vernuf die kleurvolle bangmaak karakters in die verhaaltjies. Hy
gebruik helder kleure, ‘n ryke verbeelding en baie fyn humor om die boodskap te
vertel. Hy skilder met selfvertroue en ‘n seker inslag. Sy spinnekop se web is
donkerrooi; sy waterslang het diep kleure , ‘n ronde oog omring met rooi en de
diamant op sy voorkop vonkel lokkend. Die ou vrou wat herinner aan die heks met
Hansie en Grietjie het geel yskoue uitdrukkinglose oë. Die nagwind wat druis
deur die begraafplaas is met beweging geteken teen ‘n donker agtergrond en ‘n
geel maan. Sy tweede laaste illustrasie van die mense op straat op ‘n dubbel
bladsy vertel dat mense skaars sien wat om hulle aangaan. Die dansende geraamtes in die nag lyk
potsierlik en komies maar ook grillerig.
Voorwaar is
die venootskap tussen skrywer en illustreerder hier ‘n wenresep. Ek hoop om hom
nog meermale te ontmoet.