Lentetyd
boeke!
Vir die
kleintjies:
Eerste stories reeks: Jan en die
boontjierank; Rooikappie; Aspoestertjie; Die Oerwoudboek(H&R, 2016)
Kleurvolle
kartonboeke elk met ‘n ander kleur kolletjies rugkant ; stewig en klintjies kan
na hartelus trek , stoot en skuif om die leeservaring nog lekkerder te maak.
Klein Mowgli kruip weg agter kleurvolle blomme; lê in sy hangmat en word
beskerm deur sy vriende.
Jan klim
teen die boontjierank uit en met ‘n stootbeweging sien die leser die reus. Met
‘n skuifbeweging verander Rooikappie se ouma in die aaklige wolf,
enAspoestertjie verander in n asemrowende prinses!
Die reeks is
defnitief vir 0-6jariges; die sprokie is baie vereenvoudig, maar dit is ‘n gawe
geleentheid om lief vir boeke te word.
Butterfield, Moira en Sterling,
Holly: Almal voel…kwaad; Almal voel…hartseer; Almalvoel gelukkig en Almal voel
bang ( H&R, 2016)
‘n Sagteband
reeks van vier titels wat baie nuttig deur onderwysers en ouers gebruik kan
word om kinders meer te leer oor die verskillende emosies wat hulle ervaar,
afhangende van die spesifieke situasie waarin hulle hul bevind.
Zinzi is
hartseer omdat sy haar gunsteling speelding verloor het. Omar se kat Sokkies is
dood en hy is baie hartseer. Elke kind
kry die geleentheid om hul emosies met maatjies te deel. Lesers kkry wenke oor
hoe om die emosies te verwerk. Op bladsye 20-21 is die stories in 4
opeenvolgende stappe verdeel as hulpmiddel, en woorde in die storie word ook
verduidelik , bv. Snoesig: sag en lekker om aan te vat.Omar se kat was baie
snoesig.
Die boeke is
aantreklik geillustreer met ‘n vrolike positiewe gevoel sodat die kind na die
prente kan kyk terwyl emosies verduidelik word. Hierdie reeks sal tuis en in
biblioteke /skole gebruik kan word.
Pinguilly, Yves: Die groot blom(
Tafelberg, 2016)
Illustrasies deur Maja Sereda. Ook in Engels beskikbaar as The big flower.
Afrikaanse vertaling deur Martine Steyn.
‘n Eerste
skooldag word vir Palesa en haar maatjie Dylan word ‘n wonderlike avontuur wat
begin met die twee wat skooltoe stap. Palesa se papa hou elke kind aan ‘n hand
vas. Wanneer hulle by ‘n piepklein huisie verby loop word hulle gegroet deur ‘n
reuse geel sonneblom. Wanneer hulle weer huistoe gaan is die blom ook besig om
totsiens aan die dag te sê.
Hierdie is
die mooiste boek! Sereda se illustrasies is werklik iets besonders- die hele
atmosfeer wat sy so skep is vrolik en maak ‘n mens se ervaring prentjie-mooi!
Een van die treffendste boeke wat ek vanjaar tëegekom het. ‘n Stapervaring so eenvoudig
maar tog so lekker. Hoogs aanbeveel.
McIntyre, Sarah: Daar’s ‘n haai in
die bad( LAPA, 2016)Afrikaans deur Jaco Jacobs.
‘n Lawwe
vrolike fantasie met Nika wat ‘n hele haaifamilie in die badwater ontdek, en
hulle besig hou met tandeborsel en lekkerruik speletjies sodat hulle haar nie
opvreet nie. Toiletpapier word gebruik vir die fraai toegedraaide speletjie, en
voor haar pa die gemors kan aanskou moet hulle help met die
skoongeskrop-speletjie. Pappa Haai besluit nou hulle sal beter vaar om terug te
gaan see toe. En Nika: kyk net wat ontdek sy in haar papbak met ontbyt! Lekker
laf en vrolik; groot pret.
Jacobs, Jaco: Viskos! ( LAPA, 2016)
Illustrasies deur Zinelda McDonald.
Troeteldierdag
is Dennis se geleentheid om sy goudvis Flaffie skooltoe te neem. Niel die
skoolboelie, laat Flaffie in die toilet afspoel. Gelukkig kom Flaffie weer te
voorskyn. Die wetenskap onderwyser kry nie kans om sy nuwe eksperiment met die kinders te deel
nie, maar tot Niel se verbasing begin Flaffie hik, eet sy wiskund huiswerk op
en word al groter en groter…Meneer Newton se groeiformule het gewerk, en die
skoolboelie leer sy les.
‘n Beginner
leesboek wat elke kind sal geniet. Die storie is verbeeldingryk en snaaks, en
McDonald se illustrasies is in die kol om die hele ervaring nog lewendiger en
snaakser te maak. Baie oulike boek.
Ellison, Peet: Timmertak se nuwe
avonture( H&R, 2016) Afrikaans deur Kobus Geldenhuys. Ook in Engels
beskikbaar as Timbertwig’s new adventures.
Timmertak is
‘n gewilde karakter in die bekende Storieman-reeks, en hier kry kinders 4 nuwe
avonture met Timmertak en Abigael die towerspinnekop wat in sy hoed bly. Haar
hoedhuisie is vol hare, en die towerspreuk om die hare te laat verdwyn loop
lelik skeef toe Timmertak se wenkbroue verdwyn. By die skool gaan dinge nie
beter nie, en Abigael laat ook sy uitskryfwerk om nie onderwysers te treiter
nie, skeef loop. Timmertak kry ook te doen met ‘n vlooisirkus en die vlooie
weet hoe om selfs Ouma Kwas te laat jeuk.
Abigael toor
twee yslike wit eiers so groot soos rugbyballe. Die volstruis Piekel broei uit,
en uit die ander eier verskyn ‘n klein krokodil! Hy is vasbeslote om Piekel te
leer vlieg, min wetende dat volstruise mos nie kan vlieg nie. En Ouma het die
krokodil agter die kinders in die swembad ingegooi-elke kind het daardie dag ‘n
swemrekord opgestel!
In die
laaste storie verdwaal Skitterkind , ‘n babaster en beland in die dam. As sy
nie gou gered word nie, sal haar liggie vir altyd uitgedoof word. Eers help
hulle om ‘n klomp ballonne uit ‘n doringbos en weg van die stekende Goorgogge
te lei; en op hul beurt help die ballonne weer vir Skitterkind om weer in die
lug te kom. :”van waar hy in sy bed lê…wonder hy of Skitterkind veilig by haar
huis aangekom het en wat die ander sterre van Kameelperd, Worshond en Nlom –
die ballonne gedink het wat met haar huis toe gevlieg het”.
Die boek
sluit ‘n oudio-CD in. Wonderlik verbeeldingryke stories met die interessantste
karakters en name wat hierdie ‘n uiters gewilde voorlees en selfleesboek gaan
maak.
7+jariges:
Viljoen,
Fanie: Oepse daisy, Lulu( LAPA, 2016)
Lulu se ma
en pa vertrek om die modeweek in Londen by te woon. Hulle verras haar egter met
die nuus dat haar geliefde tante Tula-Belle by haar kom bly want sy moet in n
groot operakonsert sing.
Lulu nooi
sommer dadelik Carmen om ook ‘n paar dae by haaar te kom bly om die tante te
ontmoet.
Anaf haar
aankoms begin die huis ghaoties raak- sy het ‘n magdom klere en juwele
saamgebring; en gou is dit duidelik dat sy met niks tevrede is nie- die kok se
kos is sleg, sy is allergies vir alles, en sy krap vreeslik om. Skielik verdwyn
haar duur ring en sy beskuldig sommer die tweeling langsaan van diefstal.
Toe sy
ontdek dat Lulu ook rokke ontwerp dring sy daarop aan dat Lulu die rok maak wat
sy met die groot aand gaan dra. Maar al Lulu se pogings is netnie reg nie. Toe
word die konsert ook gekanselleer, en Lulu reel sommer dat hulle ‘n vertoning
in die tuin hou. Wanneer die tante haar sang oefen, klink dit nie te wonderlik
nie. Lulu besef geleidelik dat haar tante vernader het en dat sy nie meer so
baie van haar hou nie. Die konsert eindig ook in ‘n fiasco toe ‘n donderbui
uitbreek, maar nou hoor sy eers wat werklik haar tante se situasie is.
Jonger
lesers , veral meisies wat modebewus is en aanklank vind by die illustreerder
se amper naïwe sagte waterverf illustrasies- alles baie “girlie”-rig, sal die
storie geniet. Veral ook as hul reeds met die hoofkarakter kennis gemaak het in
die vorige twee titels- Bravo, Lulu en Oelala, Lulu en haar geniet.
‘n Bonus is
die skrywer se lewenslessie wat so sagkens ingewerk is.
9-12jariges:
Pantermüller, Alice en Kohl, Daniela:
Lotta se lewe – Vent of vriend?( H&R, 2016)Afrikaans deur Kobus Geldenhuys.
5 Boeke het
reeds in hierdie gewilde reeks verskyn, en in die volgende avontuur is daar glo
‘n groot drama met ‘n Lama.
Lotta,
Chantelle en Paul besoek die stad se swembad sodat dit nog ‘n bietjie na
vakansie kan voel want die skool het weer begin. Hier spat sy per ongeluk ‘n
vreemde seun wat ‘n onverstaanbare taal praat nat. Paul sê dit is Frans. En toe
is hy nog die nuwe seun in die skool. Rémi moet langs haar sit, en Lotta kan
nie die reuk van sy aaklige vrot kaas uitstaan nie. Die ergste is dat hy sommer
gou smoorverlief op haar is, en Lotta moet besluit of hy vent
of vriend gaan wees.
Lotta
aanhangers behoort hierdie nuwe boek in die reeks te geniet. Weer is daar die
gebruiklike humor versterk met die sketse , letters in verskillende groottes en
emosies wat duidelik op hul gesigte uitgebeeld word. Gaan
hy ‘n lid van hulle bende word? En sal hy tog leer sy is nie Lothar nie,maar
Lotta. Flippit!!
Jeugboeke:
Taute, Dihanna: Die Engelsman in my
slaai(H&R, 2016)
Ek en Prins
Donkerkuif, die eerste titel in die reeks, word gevolg deur Die Engelsman in my slaai. Lehandi trek terug
Vrystaat toe na haar ma se egskeiding.
Die langafstand verhouding met Drayke loop nie te lekker nie. In haar nuwe
skool ontmoet sy Elmie en Megan en hulle word gou vriende. Vandag is ‘n
“dress-up” dag vir dieremishandeling. Die skool se sexyiste ou Garth Johnson is
‘n koei, en hy probeer haar aandag trek:” Sy oë betower my. Hou my gevange. Ek
moet oppas, anders beland e kook onder sy magic spell. Soos al die ander
zombie-poppe wat agter sy lyf aan is.”
Om dinge
interessanter te maak begin haar ma Vis-van-Breda se pa date; haar stiefma maak
haar ‘n babasussie ryker, en Garth maak
dit baie duidelik dat hy geïnteresseerd
is in haar.
Lekker ligte
leesstof vir meisies wat wil ontspan sonder veel inspanning! Gemaklike
skryfstyl; baie onopgesmuk en plat op die aarde.
Wasserman, Elizabeth: Elf dae in
Parys( Tafelberg, 2016)
Vir
11-14jariges wat ‘n storie met meer lyf soek, sal hierdie elf dae in Parys
genoeg bevrediging gee.
Nie net doen
die skrywer moeite om baie inligting oor Parys –die kunsmuseums en ander
besienswaardighede by te voeg nie, maar ook skets sy hier ‘n onverwagte
avontuur wat Emma en haar vriende lekker onkant vang.
Haar ouma
Hebsodemma moedig haar aan om die elf dae in die wintervakansie die skooltoer
mee te maak.
Juffrou
Lategan die Franse juffrou is hul chaperone. Die twee meisies wat sy ken is
Tombisa-die eksotiese Afrika prinses, en Clarissa, die klas se flerrie.
Haar ouma se
geskenk is ‘n sagte sakkie van swart fluweel met ‘n rekbandjie wat sy moet
gebruik om alles in te bêre wat sy veilig wil bewaar. Hulle gaan tuis by Mevrou
Flaubert by wie hulle ook Franse klasse gaan loop. Haar seun Luc is hulle kelner.
Met haar
eerste besoek aan die Musée d’Orsay verskyn
‘n houer met heuning in haar rugsak; en haar ouma dring aan dat sy na die standbeeld
van die sater en sy beertjies moet gaan kyk- ‘n fyn lyn tussen droom en
werklikheid begin vorm aanneem vir Emma. Phillibert die sater vertel haar dat
sy een van die drie Muse is. Tombisa en die vioolspeler Kimiri is die ander
twee. Hulle moet die drie sleutels kry om die krag van kuns vir die stad oop te
sluit- visuele kuns, letterkunde en musiek.Een maal elke honders jaar moet die
Muse die sleutels in ‘n spesiale seremonie aan die burgermeester oorhandig. Die
ritueel hernu die betowering van Parys vir besoekers. :Die seremonie van die
Honderd jaar Hernuwing. Die sleutels hou ‘n groot aantrekkingskrag in vir ander
rolspelers wat ook hierby betrokke wil wees. En nou is die sleutels weg. Gaan
Emma en haar vriende daarin slaag om die sleutels betyds op te spoor?
‘n Gewone skooltoer
verander in ‘n aksie belaaide avontuur met agtervolgings, gemene rampokkers
en allerhande verassings om elke draai! Om nie te vergeet van al die inligting
oor Parys en die moontlikheid van ‘n romanse vir Emma nie.
Wie sou nou
kon dink dat elf dae in Parys soveel moontlikhede bied vir die leser om
defnitief met nuwe oë na Parys te kyk! Hoogs aanbeveel.
.
Lona Gericke
Augustus 2016