November 2016-
resensies:
Stanley, Mandy: Hanli die dansende
hasie( PROTEA, 2016)In Afrikaans vertaal deur Amelia de Vaal.
In Hanli die
hasie se wêreld is dit “knibbel, hop, hop, elke dag presies dieselfde”. Op ‘n
dag sien sy egter ‘n prentjie van ‘n danseres en besluit dit is wat sy wil
wees. Sy neem ballet klasse en kry die hoofrol in hul konsert, maar met die son
op haar pels weet sy om ‘n hasie te wees is nog die beste.As strooimeisie
geniet sy nog ‘n perfekte dag; maar sekerlik is haar besoek aan die feetjiebal
tog nog die mooiste ding!
Hanli is die oulikste hasie denkbaar-ek onthou
nog hoe die kleintjies die boek gekoester het toe ek die Engelse weergawe met
voorlees in Afrikaans vertaal het.
Die
illustrasies van Hanli in haar balletrok, as strooimeisie en in ‘n regte
feetjierok is dierbaar en kruip in jou hart. Hoogs aanbeveel vir kleuters wat
so weggevoer wil word na ‘n mooi, onskuldige wêreld, Hoogs aanbeveel.
Bond, Michael: Paddington( PROTEA,
2016).Vertaler: Amelia de Vaal.
Die
klassieke karaktertjie Paddington die beertjie uit Peru word in Afrikaans aan
kleuters bekend gestel.
Die Brown
gesin ontmoet hom op Paddington stasie-vandaar sy naam- en neem hom aan as deel
van hul gesin. Die beertjie veroorsaak dadelik dat ‘n tee drinkery ‘n morsige
gedoente word, sy eerste bad ervaring ook, en as hy begin tuinmaak is dit ook
‘n snaakse affêre maar hy slaag daarin om sy eie rotstuin te hê. Die sportklub
hou ‘n pretdag en die gesin belsuit om deel te neem. Paddington se pogings om
hul te help eindig elke keer in ‘n fiasko, maar as eerste beer deelnemer kry hy
‘n medalje “om deel te neem en jou bes te doen is wat saak maak.”
Paddington
is die oulikste beertjie wat onskuldig met goeie bedoelings dinge laat
skeefloop-kinders kan mos hiermee identifiseer! Pragtige illustrasies.
Van Wyk, Chris: Mnr Haas ontmoet Mnr
Mandela( Jacana Media, 2016) Ook beskikbaar in Engels, IsiXhosa en IsiZula.
Illustrasies deur Paddy Bouma. Afrikaanse vertaling deur Marlise Joubert.
‘n
Prenteboek verteenwoordigend van die diere van Afrika wat soos haas, wat nie
kan lees nie, wel bekend is met ‘n geliefde man, Mandela.
Haas ontdek
een oggend ‘n R200 –noot op sy deurmatjie. Hy herken Mandela se gesig, en die
van meneer Luiperd, . Hy is seker dit behoort aan Mandela en besluit om stad
toe te gaan en dit aan hom terug te gee. Die diere waarsku hom dat dit
gevaarlik is vir iemand wat nie kan lees nie . In die stad van Lesers kan almal lees , of leer om te lees.
En “hulle wat nie kan lees nie, maak dieselfde foute oor en oor.
Maar Haas
marsjeer vreesloos na die onbekende stad. Soos hy mense ontmoet en handel dryf,
verander die noot elke keer van kleur. Hy bly egter gerus dat Mandela se gesig
nognie verdwyn het nie. Uiteindelik ontmoet hy die groot man; en tuis ontvang
hy ‘n brief met ‘n nuwe R200 van Mandela. Vir hom is dit ‘n groot raaisel. “Ek
sal moet teruggaan na mnr Mandela toe om dit vir hom te gee”. En hy voeg die
daad by die woord.
‘n Groot
formaat boek met sagte waterverfkleure ;
‘n pragtige haas en ‘n sielvolle uitbeelding van Mandela. In memoriam vir Chris van Wyk, die
skrywer. Heel oorspronklik.
Jacobs, Jaco: Z is vir Zackie-die
perfekte pizza( LAPA, 2016) Illustrasies deur Alex van Houwellingen.
Twee titels
het reeds in die reeks verskyn wat die perfekte boekies is vir kinders wat
begin lees, veral ook waar Zackie en sy vriend reeds so gewild en bekend is aan
bietjie ouer kinders. In eenvoudige taal en kort sinne kan hul lees hoe die
boelie Anton Zackie se pizza verslind , maar Zackie tog daarin slaag om hom
terug te kry met die “perfekte” pizza!
Jacobs, Jaco: Z is vir Zackie- die
beste boomhuis( LAPA< 2016)
Zackie en
Vincent bou ‘n boomhuis waar meisies nie welkom is nie. Jolanda en Tumi besluit
‘n boomhuis is simpel, maar help tog om die huis te versier, bring eetgoed en
speelgoed maar is nog steeds onwelkom. Tot die seuns hulle met ‘n waterpistool
nat skiet, en dit mevrou Langenhoven tref- en die meisies voorgee dat dit hulle
was. Nou is die meisies welkom in die boomhuis – en die seuns leer ‘n les.
Kinder- vriendelike stories ,baie innemend.
Jonker, Marga: Jenna en die leesperd(
Tafelberg, 2016)
‘n Baie
gewilde perde-reeks waar daar reeds 5 titels verskyn het. Jenna se droom om Meg
Kingsley se nuwe skouspringruiter te word word verpletter toe sy gediagnoseer
word met Scheuermann se sindroom- haar rug groei in ‘n boog en perdry is
voorlopig van die baan.
Sy word
egter betrek by terapieperde wat kinders help wat gestrem is. Jenna kry die
opdrag op vas te stel watter van die perde is leesperde, en tot haar verbasing is
die verhaal van Pippie een waarna die perde met oorgawe luister! En toe Dash
Elzé se broer haar betrek by sy jonger sussie Nienke se leesprobleme, laat hy
haar hart “soos tjoklits voel en laat hy handevashou soos warm poeding smaak”.
Lekker
ontspanningsleesstof, gemaklike skryfstyl en die karakters is oortuigend .
Steyn, Cecilia: Hartedief 3 (
H&R, 2016)
Die derde
titel in ‘n reeks vir tieners – Hartklop en Hartbreker het reeds verskyn. En
weereens gaan dit om hartsake- Lisa se verhouding met Thomas is verby. Hy is ‘n dwelmverslaafde wat haar met ‘n probleem
gelaat het, n geheim wat sy moet
wegsteek. Estian ontmoet haar weer in Stellenbosch waar sy nou modeontwerp
studeer en hy is gedetermineerd dat sy sy
meisie gaan word; wat ookal die geheim is wat sy nie wil verklap nie.
Die
gebruiklike resep van drama en tienerliefde; die onsekerheid, hartstog en misverstande wat so skielik gebeur … sal
gewild wees by lesers van liefdesverhale.
Nie-fiksie:
Von Holleben, Jan en Helms, Antje:
Gebeur dit met almal? Reguitpraat oor puberteit( PROTEA, 2016)Uit
Duits vertaal deur Anthony Moen.
Boeke oor
puberteit word gereeld aangevra in biblioteke, en die oes was nog altyd maar
dun. Hierdie aantreklike boek met pragtige fotos in kleur van tieners soms ook snaaks,
is uiters nuttig en sal biblioteek en
privaatversamelings doeltreffend aanvul..
Hoofstukke
is ingedeel oor groei en verandering a.g.v. hormone, die verskil tussen seuns
en meisies, wat liefde is versus verlilefdheid, soentjies versus seks en afgesluit
met inligting oor swangerskap en die ontwikkeling van die embrio.
Die aanslag
is modern, die tieners jonk en met selfvertroue gekiek wat die boek lekker
lesstof vir tieners sal maak. ‘n Baie oulike boek saamgestel deur twee ervare
joernaliste.