Blabeley, Aaron: Moeps die
skelm, Moeps die Mops, en Moeps die
wenner( Protea, 2019). Rymvertalings deur Philip de Vos.
Hierdie 3
hardeband prenteboeke met Moeps as die astrante sentrale karaktertjie sal die
harte van jong lesers verbly. As die
skelm gee hy altyd arme Worsie skuld vir alles want hy kan vreeslik jok om
sy sin te kry. Maar sy lus vir beskuitjies laat hom sleg tweede kom as hy nie
die rolbal agter die pak sien nie. Nou is sy lyf vol pyne en hy is minus ‘n
tand!
In Moeps die Mops is hy vreeslik
selfsugtig en wil niks met Worsie deel nie. Alles is syne, en toe hy sy
speelgoed op ‘n hoop pak en daar bo-op gaan staan, verloor hy sy balans en
tuimel grond toe deur die venster. Nou deel hy alles, tot hy weer herstel!
In Moeps die wenner is dit baie duidelik
dat hy altyd moet wen. Met ‘n eet
kompetisie is hy so vraatsig dat hy sowaar sy bak insluk! En toe die bak hom weer teen die kop tref en
hom in ‘n blik instamp, word hy sommer baie bedees en minder goor.
Philip de
Vosse rympies maak die teks lewendig, snaaks en groot pret om te lees. Die
skrywer se illustrasies van Moeps en Worsie is kleurvol, vol beweging en aksie
belaai.
Die boeke
behoort vele jong aanhangers te geniet.
Grobler, Piet: Franciscus en die diere
( Protea, 2019) Uit Nederlands vertaal deur Amelia de Vaal.
Fransiscus
en sy vriend Esel is lief vir die natuur, die dierelewe , en beide glo aan die
goedheid van dinge en met hul reise vul hulle mens en dier met mooi
gedagtes. Die voëls word geinspireer om
te sing en vreugde te versprei; hy red ‘n konyn uit ‘n valstrik, ‘n klomp visse
uit ‘n net , en selfs ‘n gevaarlike bloeddostige wolf word rustig as Franciscus
hom inspireer om niemand dood te maak nie. Toe esel oud word en moeg, bedank
Franciscus hom vir sy vriendskap en dat hulle saam die wêreld ‘n mooier plek
kon maak.
Talentvolle
Piet Grobler skep hier ‘n verhaal wat die boodskap van goedheid en liefde
oordra in sy kenmerkende delikate illustrasies van voëls en diere.
Sprokies met lesse:
Nicholson, Sue: Sneeuwitjie die sokkerster( H&R, 2019)
Illustrasies deur Flavia Sorrentino. Afrikaans deur Kobus Geldenhuys. - ‘n storie oor spanwerk.
Karakters
wat bekend is in fëeverhale word hier ingespan om kinders te leer oor
spanwerk. Sneeuwitjie is mal oor sokker,
maar sy speel selfsugtig en nie as deel van ‘n span nie. Gouelokkies,
Repelsteeltjie en die goeie fee Esmeralda help haar ombeter as spanspeler deel
te neem.
Op die
laaste bladsy word besprekingspunte vir onderwysers en ouers gegee, en selfs om ‘n klaskoerant te maak.
‘n Heel
oorspronklike benadering tot stories, en omdat geliefde karakters in ‘n
eietydse omgewing geplaasword om ‘n boodskap oor te dra, behoort die boeke
sukses te behaal.
Nicholson, Sue: Word wakker,
Doringrosie! ( H&R, 2019) ‘n Storie oor verantwoordelikheid.
Doringrosies
was nogal lui, en toe sy ‘n ponie vir haar verjaarsdag vra, is haar ouers nie
seker dat sy regvir hom sal sorg nie. Prins word aanfanklik goed versorg, maar
mettertyd sorg sy al minder vir Prins. Prins besluit om weg te loop, en met Esmeralda
se hulp lok sy hom terug en voortaan is sy ‘n verantwoordelike eienaar.
Kinders word
hier aangemoedig om sade te plant en daarvoor te sorg.
Nicholson, Sue: Aspoestertjiese
balletskoene( H&R, 2019) ‘n Storie oor omgee.
Aspoestertjie
is lief vir dans, maar toedaar ‘n
dansskool op die dorp oopmaak, het sy nie geld om balletskoene te koop
nie. Sy help altyd die ander
sprokiesvriende, en Sneeuwitjie skenk skoene vir haar, maar hulle is te groot;
Doringrosie se skoene is te klein. Die goeie fee Esmeralda is siek, maar onthou
uiteindelik van haar ou balletskoene wat natuurlik Aspoestertjie perfek pas.
Nicholson, Sue: Jan breek die
boontjierank( H&R, 2019) ‘n Storie oor eerlikheid.
Jan is
vreeslik lief vir boomklim. Op ‘n dag waarsku sy ma hom om nie teen hulle jong
boontjie ranke op te klim nie, want hulle kan breek end an is hulle sonder
boontjies. Maar Jan luister nie. Hy breek die ranke, maar vertel eers nie vir
sy ma die waarheid dat hy dit gebreek het nie. Later komhy jtog met die
waarheid te voorskyn, en die goeie fee
Esmeralda gee hom ‘ntowerboon wat hy plant sodat hulle lekker
boontjiebredie kan maak.
Kinders word
aangeraai na besprekingspunte om ‘n brief te skryf soos Jan bv. sy ma om
verskoning vra oor sy aanfanklike leuen.
Ek sien uit
daaarna om te hoor hoe die boeke ontvang word deur die publiek.
Smit, Louise: Bennie Boekwurm se
mooiste sprokies, 2. ( H&R, 2019) Illustrasies deur Johann Strauss.
5 Bekende sprokies word oorvertel deur Louise
Smit, nl. Rooikappie, Die skoenmaker-kaboutertjies, die Dieremusikante van
Bremen; Duimelina en Sneeuwitjie en die
sewe dwergies.
Bennie
Boekwurm lees die stories voor aan die
kinders wat tog te graag na hom luister.
Hierdie is
die tweede boek met sprokies , beide geïllustreer deur Johann Strauss. En watter pragtige werk het hy nie gedoen
nie! Daar is soveel persoonlikheid in elke getekende karaktertjie; die boek
laat ‘n gevoel van vrolikheid en genot met laggende vrolike karakters , Duimelina in haar pienk rok is asemrowend
mooi; Wolf is regtig bangmakend , en Sneeuwitjie se nare stiefma is treffend jaloers geteken. Strauss doen soos altyd uitstekende werk.
Hoogs aanbeveel.
Bennie Boekwurm se besige pretboek(
H&R, 2019) Gebaseer op die karakters geskepdeur Louise Smit. Ilustrasies
deur JohannStrauss en Luan Serfontein.
‘n Pretboek
wat jong lesers baie plesier gaan verskaf, want hier is die geleentheid om hul
karakters soos Mokkie Mol met kolletjies te verbind; kleure te identifiseer;
Sarel Seemonster in te kleur; bytjies saam te groepeer wat eenders lyk; ‘n
doolhof te volg om Bennie se bril te vind; en o.a. Sarel Seemonster te help om
by die strand uit te kom.
‘n Lekker
geskenk vir kinders, vergesel van die twee boeke met sprokies.
Vels, Verna: LieweHeksie en die
pampoene( H&r, 2019) Gebaseer op die oorspronklike verhaal . Illusrasies
deur Vian Oelofsen.
Drie titels
het alreeds in hierdie keurige reeks verskyn, elke boek ‘n kunswerk deur die
talentvolle Vian Oelofsen. Liewe Heksie en Matewis is besig om pampoene en
klippe op die dak te pak sodat die sinkplate nie kan wegwaai nie. Kwaaitjie
Kabouter bring sy boetie Kleinkwaaitjie om die nag by Heksie deur te bring. Hy
moet by die Silwer Roos gaan waghou.
Toe Heksie
buk om haar besem op te tel sodat hulle kan afvlieg, stamp sy die besem van die
dak af. Hulle moet nou die nag daar deurbring.
Twee
gifappeltjies het reeds die Silwer Roos gesteel, en sluip nou haar huis binne
om haar horlosie te steel. Heksie en Kleinkwaaitjie gooi toe pampoene van die
dak af, wat die twee gifappels vinnig laat spaander. Die Silwer Roos en Heksie
se horlosie is veilig.
Pragtige
groot format boeke met elke bladsy kunstig gerangskik sodat kinders net kan
lees en geniet. Die illustrasies is puik; bv.die waentjie met die Silwer Roos
tussen fyn blou blommetjies omring deur stukkies pampoen en twee muise en ‘n
naaldekoker wat vrolik toekyk. Hoogs
aanbeveel.
No comments:
Post a Comment