Rympies vir Pikkies en Peuters,
saamgestel deur Riana Scheepers. Suzette Kotzé-Myburgh en Gertie Smit( Tafelberg, 2015)
Met Linda
Rode se In die land van Pamperlang, het Tafelberg die leserspubliek ‘n boek
aangebied wat as bundel so mooi en kosbaar is dat
‘n mens net dankbaar is vir die insig wat geopenbaar is met die keuse van
skrywer en illustreerder.
Vanjaar
verskyn Rympies vir Pikkies en Peuters, en weereens is dit ‘n bundel wat
absoluut te pragtig vir woorde is! Die samestellers is gesoute ervare mense,
en ek is so verheug dat hulle ‘n groot leemte gevul het. As
kinderbibliotekaresse het ek maar self bekende rympies in Afrikaans vertaal vir
storietyd, want rympies is so uiters belangrik in die kind se ontwikkeling. Nou
kan elke kinderbibliotekaress, ouers en grootouers ‘n boek bekom wat so uiters
noodsaaklik en belangrik is!
Rympies is
ingedeel onder die hoofde- hier is ek, ek speel, rondom my, ek raak slim, en in
die natuur. Dit is oorspronklike digwerk deur verskeie digters wat bydraes
gelewer het.
Die vier
afdelings is deur verskillende kunstenaars geïllustreer- Maja Sereda doen Hier is ek; Adelle van
Zyl ek speel; Alzette Prins –rondom my;
Susie Appleby –ek raak slim; en Sam van Riet – in die natuur.
Elkeen se
uitbeelding van die rympies is heel besonder , vrolik en treffend. Die omslag
is gedoen in liggeel en blou met vriendelike kinders en ‘n baba wat beweeg
tussen ‘n muis op ‘n fiets, ‘n beertjie wat aan ‘n sambreel rondvlieg, ‘n
voëltjie op sy hok en ‘n spelerige worshondjiewat baba se gesig wil lek.
‘n
Gebruiksgids is saamgestel deur Gertie Smit Grondslslagfase-lektor by die
Onderwyskollege en Kaapse Skiereiland Universitiet op Wellington.
Met
oortuiging kan ek sê hierdie is een van die mooiste boeke ooit! Hoogs aanbeveel vir alle versamelings.
Kinderbibliotekaresse- hier is ‘n belangrike boek vir julle.
Lona
Gericke Oktober 2015
No comments:
Post a Comment