Nuwe boeke vir kleuters en peuters!
Oerwoud-partytjie! H&R,
2015) in die reeks Vrolike vriende: soek
en pas en
Prettige plaas!( H&R, 2015)
Lennie Leeu
wil al sy vriende uitnooi na sy
verjaarsdagpartytjie. Een-een moet
kleuters die diere identifiseer, en dan
seker maak dat almal betyds is vir die partytjie deur die mooi kartonkarakters
uit die gleufies te haal en op die laaste bladsy saam te groepeer in die
huertjie wat daar aangebring is. KLeuters 1+ leer hier hand-oog-koördinasie en
basiese probleemoplossing. Die twee
boekies is kleurvol, stewig gebind en behoort kleintjies lekker besig te hou.
Jacobs, Jaco: Moenie die knoppie druk
nie! ( LAPA, 2015) Illustreerder Chris Venter.
Watter gesin
met babas ken nie hul voorliefde vir knoppies druk nie! Veral as hulle nou juis
gevra word om dit nie te doen nie. Tiaan se bababoetie druk die stofsuier se
knoppie, die grassnyer s’n; die wasmasjien en ook ‘n stootskraper word bygekom.
Elke keer is daar groot konsternasie en baie aksie.
Wat ‘n
heerlike leeservaring vir kleintjies! Chris Venter vul elke bladsy met lekker
groot kleurvolle lewendige prente so beweeglik en vermaaklik dat die leser
netnie genoeg kan deelneem aan elke snaakse situasie nie. Seuntjies is mos ook
mal oor stootskrapers, en die finale stootskraper-insident sluit die boek amper
af totdat die gesin heel laaste die museum besoek waar daar ‘n ;uitstalling oor
die ruimte is……! Hoogs aanbeveel.
Vels, Verna: Liewe Heksie leesboek 1 en 2 ( H&R, 2015) Illustrasies deur Vian
Oelofsen.
Elke
leesboek bevaat 3 kort Liewe Heksie stories- ‘n verjaarsdag vir haar; ‘n
geldinsameling, ‘n bikini-kompetisie, die insident met ‘n motor, hoe sy die
koning gesond maak en toorwoorde gebruik tydens ‘n piekniek.
Afgesien
daarvan dat die leser opnuut met die lees besef hoekom Verna Vels so bemind is
– haar hoofkaraktertjie se “domheid”; die kinderlikheid en onopgesmuktheid van
elke incident, is daar hier ‘n groot bonus-
Vian Oelofsen se meesterlike vertolking van die stories in die
wonderlikste verbeeldingryke illustrasies!
Teen ‘n kleurvolle agtergrond word jy vermaak met die interessantste
collages van vallende borde, ‘n trein en rooi motor , ‘n regte frikkadel( Liewe
Heksie praat van dikkefrelletjie); Blommeland se kwaai gifappeltjies; en
vrolike interessante blomme wat eintlik heerlike roomyse is!
Heirdie is
defnitief die beste werk ooit uit Vian Oelofsen se pen, en die boekies “rock”!
Hoogs aanbeveel.
Vir 7-9jariges:
Banscherus, Jürgen: Speurder
Kwaaikofski – monsters, maanlig en mottegif( H&R, 2015) . IN Afrikaans
vertaal deur Kobus Geldenhuys.
In hierdie
reeks het reeds tien boeke verskyn, en Speurder Kwaaikofski met sy voorliefde
vir Carpenters kougom maak weer sy buiging in nog ‘n lekker speurverhaaltjie.
Daar is
dertien privaatspeurders in sys tad. Hy is die een wat met kleiner sake werk.
Hier word vir sy skool se eeufeesviering ‘n toneelstuk “Die ridder se reis na
die reënboog” opgevoer. Die enigste probleem is dat elke seun wat gekies word
om die hoofrol te speel na die toneel waar hy deur die vloer moet val tot in
die Staatsteater se kelder, weier om verder deel te neem aan die produksie.
Speurder
Kwaaikofski besluit dat hy gaan uitvind waarom die spelers so reageer, en om sy
taak te bemoeilik kry hy ook geen
inligting uit hulle nie. Maar
Kwaaikofski gee nie so maklik tou op nie!
Lekker groot
druk wat die boek geskik maak vir beginner lesers en ook geskikte
voorleesmateriaal.
Viljoen,Fanie: Bravo, Lulu( LAPA, 2015) Illlustrasies
deur Elsbeth Eksteen.
Lulu en haar
vriendin Carmen is versot op ballet. Juffrou Peters wil Die Seerowerprins
opvoer,en die twee word onderskeidelik gekies as meerminkoningin en prinses. Lulu se ouers is beroemde
modeontwerpers, en sy droom ook van so ‘n toekoms. Die tweeling Alet en Alex is
gladnie beïndruk met ballet nie, en na ‘n stryery is Alex bereid om te wys hy
kan ballet doen as hy wil; dus is hy die kandidaat vir die rol van die
seerowerprins. Heelwat uitdagings lê vir hom voor- om te leer dans, en dan
gewoond te raak aan die kostuum met ‘n baie benoude broek! Gaan die konsert ‘n sukses wees? Gaan Alex
deurdruk met sy uitdaging?
‘n Ideale
leesboek vir dogtertjie-dogters en balletliefhebbers, en met Elsbeth Eksteen se
pragtige fyn illustrasies in sagte pastelkleure sal die boek gekoester word
deur veral lesertjies wat hou van “vroulike” prentjies en ‘n delikate
aanslag. Terselfdertyd het die skrywer
balletterme nagevors en ook gesorg vir ‘n verassende einde. ‘n Besonder
aantreklike boek.
Lona
Gericke Julie 2015
No comments:
Post a Comment