Kleure- H&R, 2018
‘n
Kleurvolle kartonboekie met stewige bladsye en twee skuifslotte wat kleintjies
in staat sal stel om die kleure rooi, blou, groen, oranje, geel,bruin, pienk,
pers, swart en wit te leer identifiseer deur nab v. rooi voorwerpe te kyk end
an met die skuif- apparaat op die volgende bladsy nog ‘n rooi treintjie te
vind, maar ook met die blou kleur nog ‘n blou blokkie op te spoor.
Syfers- H&R, 2018
Kinders leer
tel van 1-10 op elke bladsy wat aaan een
getal gewy word. Die spesifieke getal word ook baie mooi aangedui in die
boonste hoek van die bladsy. Met die skuif-en-loer aksie word bv. nog ‘n robot of bal opgespoor.
Die twee
boeke is baie kleurvol en die voorwerpe is eenvoudig geteken sodat daar geen
verwarring kan ontstaan nie.
Ouers en
kinders kan saam die boeke geniet, of die kleintjies kan hulleself heerlik op
hul eie vermaak.
Bee, William: Stoffel se skool en Stoffel die boer ( H&R, 2018).
Afrikaans deur Kobus Geldenhuys.
In hierdie reeks
is daar ook Stoffel se garage en Stoffel die bouer.
Stewige
sagteband boeke waaar elke titel onderskei word in ‘n spesifieke kleur, bv.
Stoffel se skool in ‘n blou strook aan die onderkant van die omslag.
Hierdie
reeks is vir my besonder oulik en nuttig, want inleidend word al die voorwerpe
wat gebruik word eers geïllustreer, dan volg bv. ‘n illustrasie van die
skool, gevolg deur die aktiwiteite wat
chronologies op mekaar volg-die klok word gelui, die kinders hang hulle sakke
en pette op, hulle name word afgemerk, hulle luister na ‘n stoire, , speeltyd,
middagete en rustyd.
‘n Baie
oulike reeks wat baie gewild behoort te wees.
Fletcher, Tom en Poynter, Dougie:
Dino poef ‘n planet!( H&R, 2018) Illustrasies deur Garry Parsons. Afrikaans
deur Kobus Geldenhuys.
Dirkman en Dino is op ‘n dag verveeld van by
die huis bly, en besluit om die ruimte te gaan verken. Gewapen met padkos
vertrek die twee in ‘n ruimteskip . Heel gou is Dino resend honger, en Dirkman
het sowaar hul padkos by die huis vergeet! Dino begin toe om alles in die
ruimye te verslind wat soos kos lyk. Toe is daar net ‘n boepens-dinosourus en
‘n verskrikte seuntjie gestrand in die ruimte. Dino besef gelukkig hoe om hulle
te red….
Skreeu
snaaks en baie vermaaklik. ‘n Vrolike humoristiese verhaal wat kleintjies baie
gaan geniet. Dinosaurusse bly maar ‘n groot aantrekkingskrag, veral as hulle
stoute dinge aanvang en interessante avonture beleef. Hoogs aanbeveel.
Handford, Martin: Waar’s Willie? Die
fantastiese reis, Waar’s Willie in Hollywood, en Wonderwêreld ( PROTEA, 2018).
Die Waar’s
Willie –reeks is beskikbaar in 31 tale, en hierdie drie titels sal soos die
vorige Wallie-boeke met groot opgewondenheid ontvang word. In biblioteke is
hierdie reeks uiters gewild, en hoewel verliese gebeur omdat party kinders nie
die versoeking kan weerstaan om Wally to
omkring met ‘n pen of potlood as hulle die figuurtjie opspoor tydens sy
opwindende avonture nie, word heraankope gedoen, want die aanvraag is net te
groot!
Helmore, Jim: Die sneeuleeu( PROTEA,
2018) . Illustrasies deur Richard Jones. Afrikaans deur Carmen Hansen-Kruger.
Anders as
prenteboeke wat op glanspapier gedruk is, verskyn hierdie verhaal op dowwe papier
in sagte pastel kleure om so ‘n gedempte
gerusstellende atmosfeer te skep. Kara en haar ma verhuis na ‘n huis op ‘n
heuwel waar wit die oorheersende kleur is. Kara verlang na ‘n maat om mee te
speel, en toe verskyn ‘n spierwit leeu aan haar wat haar uitnooi om saam te
speel. Bertie ‘n seun nooi haar om in die park saam met hom te speel, en
vervolgens ontmoet sy ook sy maats. Haar ma nooi al die nuwe maats om die huis
te kom verf in helder kleure. Nou is die leeu nie meer in die kleurvolle huis
nie, maar buite in die natuur. Hy stel haar gerus dat hy, wanneer sy hom nodig
het, wel daar sal wees.
‘n
Gevoelvolle uitbeelding van die verbeeldingswêreld van ‘n alleen-kind, wat
d.m.v. ‘n maat wat syself geskep het, leer om na ander kinders uit te reik.
‘n Pragtige
boek wat emosioneel baie kinders gaan raak.
McKee, David: Elmer(PROTEA, 2018)
Mckee, David: Elmer op stelte(
PROTEA, 2018) en
McKee, David: Elmer Alweer Elmer(
PROTEA, 2018). Afrikaans deur Philip de Vos.
David McKee
se Elmer-boeke is internasionaal bekend en in meer as 40 tale vertaal.
Wie sal nou
nie verlief raak op ‘n olifant wat soos ‘n lappieskombers ingekleur is tussen
al sy vaal tropgenote nie!
Op ‘n dag is
hy moeg om anders te wees, en hy glip weg van die trop en stap alleen deur die
oerwoud op soek na die bos met olifantkleur-bessies waarin hy wil rol om soos
die ander te lyk. Dit verskaf die trop oneindig baie pret, en jaarliks vier
hulle nnou Elmer dag waar hy olifantkleur vir himself gebruik, en die ander
olifante kleurvol ingekleur word om soos Elmer te lyk.
Elmer op stelte is sy voorstel aan die trop dat die
jagters hulle so nooit sal kan opspoor nie. Monstervoete aan die stelte moet die jagters
in ‘n ander rigting stuur,maar as die jagters dink daar is monsters hardloop
hulle natuurlik in die teenoorgestelde rigting, in die stelte vas, sodat die
olifante die vet jagters platval. Die jagters het nooit weer teruggekom nie, en
die stelte kon nou net vir die pret gebruik word.
Al weer Elmer vertel hoe hy uit verveling voor doe
Elmer Dag-optog waarin net hy vaal word soos die trop, stilletjies in die nag
al die olifante versier om soos hy te lyk. Die trop is nou heeltemaal verward
en weet nie wie Elmer is nie. Selfs as hulle almal in die water spring om van
die kleur ontslae te raak, is Elmer alweer eens te slim vir hulle.
Op ‘n
speelse wyse word lewenslesse geleer oor selfaanvaarding, hoe om deel van ‘n
groep te wees en in die groep mekaar te vermaak en saam te speel en ook mekaar
te help beskerm.
Riddell, Chris: Eendag in ‘n woeste
woud( PROTEA, 2018) Afrikaans deur Kobus Geldenhuys.
“Die weg
deur die woud is donker en diep
met ‘n les
om elke draai.
Die pad wat
jy kies is die storie wat jy skep,
elke tree ‘n
blad om te blaai”.
Klein
Groenkappie stap die woud binne met ‘n uitnodiging na Raponsie se partytjie.
Oppad kom sy verskeie karakters uit bekende feëverhale teë- die heks met die
appel, ‘n troll, die Ondier se kasteel, Jan en die boontjierank, die drie bere
, rooikappie, Duimelientjie, Skoonlief, die drie varkies, die sewe dwergies, en
die twaalf dansende prinsesse. Uiteindelik is al die karakters bymekaar by
Raponsie se partytjie, en gelukkige re-unies vind plaas, veral die van
Skoonlief en die Ondier.
Die volgende
dag vertrek Groen verder deur die woeste woud, en wonder wat volgende gaan
gebeur…
Baie
oorspronklik en verbeeldingryk. ‘n Pragtige boek met genoeg verassings en humor
om kinders te betrek.
Smit, Louise: Haasdas se nuuskas-
episode 5( H&R, 2018) Illustrasies deur Vian Oelofsen.
Vier titels
het reeds in hierdie pragtige reeks verskyn.
Al die diere
in Diereland wonder wie nou eintlik die gemaskerde Wonder in hulle midde is wat
gaan veg teen Kongo Kangaroe van Diereland-Oorsee, die rofstoeikampioen van die
wêreld. Kleinskillie deel die geheim van sy identiteit met sy pa, sy afrigter, en hy mag vir niemand
vertel nie. Maar hulle vind wel uit dat hy ‘n geheime stertgreep het.
Na die geveg
breek daar skielik ‘n gevaarlike veldbrand uit, en niemand kan vir Kleinskillie
opspoor nie. Totdat Soks Sjimpansee sy kamerasak wil oopmaak…
Kan daar nou
‘n vroliker meer vermaaklike groep diere wees as juis hierdie maats in Diereland?
Die reeks is
besonder kleurvol en kry ekstra betekenis en lewe met Oelofsen se wonderlike
illustrasies. Elke diertjie word spesiaal, en tog te dierbaar is die
illustrasie van Haasdas wat Kleinskillie in sy arms omhoog hou. ‘n skrywer wat
die verbeeldingswêreld van kinders baie goed verstaan en kan binnedring.
‘n Baie
spesiale reeks. Oelofsen se werk is puik!
Smit, Gertie: Stories vir pikkies en
peuters( Tafelberg, 2018 ) Illustrasies deur Samantha van Riet, Tasia Rosser, Melany Pietersen en
Tumi K. Steyn.
Die kort
verhaaltjies in die boek is gegroepeer
onder somer(in die huis), herfs(in die tuin),
winter(in die dorp), en lente(op die plaas).
Die
gebruiksgids gee ‘n volledige uiteensetting van die teikengroep, hoe die bundel
saamgestel is, die doel van die stories en die vroeë leer-en ontwikkelingsareas
van kinders word uiteengesit. Elke storie word in ‘n tabel aangegee met die
tema, titel, en die konsepte wat aangespreek word en woordeskat wat aangegee
word.
Hierdie is
die vierde in ‘n reeks publikasies vir voorskoolse kinders. Die titels is
Rympies vir pikkies en peuters, Rympies vir kleintjies en kleuters, Liedjies
vir pikkies en peuters en hier stories vir pikkies en peuters.
Hierdie vier
titels is van onskatbare waarde vir elke kleuterskool onderwyseres.
Gertie Smit
verdien wye erkenning vir haar bydrae tot die opleiding van kinders, met die
doel om hulle lief vir stories, gedigte en liedjies te maak wat bydra tot hul
persoonlike ontwikkeling op al die gemelde terreine.
‘n Absolute
onmisbare toevoeging tot skool, tuis- en biblioteek versamelings. Elke bladsy
bevat groot wit ruimtes sodat die teks in groot druk maklik herkenbaar is, die
illustrasies van die 4 kunstenaars is uiters kinder-vriendelik en toeganklik,
en die hele publikasie is Keurig versorg en visueel baie aantreklik. Hoogs
aanbeveel. Werklik ‘n baie belangrike boek vir onderwysers.
No comments:
Post a Comment