Zackie Mostert en die meisie-moles
Hierdie is die 9de boek in ‘n gewilde reeks vir jong lesers.
Zackie is oortuig dat vroumense net moeilikheid beteken.
Soos mevrou Langenhoven sy buurvrou”as hulle so oud soos mevrou Langenhoven is,
is hulle erger as ‘n T-rex met tandpyn”.
Hy kry regtig met meer as een meisie te doen toe die nare
Vincent briefies namens hom aan verskeie meisies skryf en elkeen dink hy het
haar na die Lentedans genooi! Natuurlik
sweer hulle wraak, en die onskuldige
Zackie loop lekker deur. Maar daar is wel ‘n manier om Vincent terug te kry…
Lekker ligte leesstof . Hoogs aanbeveel vir 9+ jariges.
Jacobs, Jaco( LAPA, 2014)
Zackie Mostert en die baie beroemde hond
Frankenstein, Zackie se hond is alweer in die moeilikheid by
mevrou Langenhoven, die buurvrou. Hierdie keer dreig sy dat sy hulle by die
munisipaliteit gaan verkla. Selfs sy
ouers dreig om Frankenstein weg te gee.
Zackie sien dalk’n uitkoms vir sy probleme met die kompetisie wat gehou
word waarin hy Frankenstein kan inskryf as die mees gehoorsame hond. Maar Vincent spog met sy gehhorsame hond wat
gaan wen. Die kompetisie lewer
allerhande kinkels op. Gaan daar dalk ‘n beromede hond aangewys word? En wat
van mevrou Langenhoven se behemtheid met die beoordelaar meneer du Preez…
Weereens ‘n oortuigende en snaakse incident in Zackie en sy
Frankenstein se lewens.
Jacobs, Jaco( LAPA, 2014)
No comments:
Post a Comment