Bennie Boekwurm
vertel lekker stories
Die 4 stories in die boek is gebaseer op die TV-reeks wat in
die tagtiger jare op SABC was.
Bennie Boekwurm is lief om vir kinders stories te lees. Hy woon diep onder die grond in
Wielie-Walie-park, en die kinders moet hom wakker raas as hulle stories wil
hoor. En dan soek hy gewoonlik ook nog
sy bril.
Japie Apie soek sy mamma, Tokka die stoute kabouter, Mimi
Mier dink diep en Die wurmpie wat nie vroeg wou opstaan nie is elkeen ‘n storie
waarna kleintjies lekker sal kan luister. Die temas is welbekend- ‘n mamma wat soek is; stoute kinders wat so lief is om
blomme se koppe af te skop, een
wesentjie wat verkies om te dink terwyl haar span werk, en dan die bekende
wurmpie wat uiteindelik in ‘n skoenlapper verander.
Louise Smit praat die taal van kinders. Hier is ‘n eerlike
onopgesmukte teks wat lekker lees. Die rympies is ook toepaslik en maak die
leeservaring nog vroliker.
Séan Verster se lewendige, opgewekte en kleurvolle illustrasies
maak regtig die boek! Ek het by hom navraag gedoen oor die prosesse wat hy
volg: Met potloodtekeninge word die illustrasies eers sorgvuldig op die bladsy
geplaas. Dan word dit met swart ink ingekleur . Hierna word die illustrassies
geskandeer en met Photoshop ingekleur.
Die resultaat is ‘n boek wat vanaf die omslag die leser
aantrek en lus maak om te lees. Die diere , kinders en selfs die natuur leef en beweeg en die gesigsuitdrukkings is
ongelooflik korrek in die weerspieëling van die spesifieke dier of mens
se gevoelens.
Hierdie is sowaar ‘n fees vir die oog! Goed gedaan.
Vir voorlees of selflees.
Louise Smit( H&R, 2014) Illustrasies deur Séan Verster.
No comments:
Post a Comment