Eggo’s in die Skimberge
Dit is die
somervakansie vir Gansdal se graadvyf leerders. ‘n Vakansie wat doodgewoon
begin vir Mattie Moolman en haar vriend Henk Velder- beide het min vooruitsigte
behalwe tuisbly en vir Henk werk by sy stiefouers se plaas. Maar Mattie is ‘n
dromer; en wanneer sy aand vir aand die vreemde sterretjies vanuit haar
eikeboom bokant die Skimberge en rafyn waarin die rivier verdwyn sien, skryf sy
‘n briefie aan iemand; en vra of die iemand sal omgee as sy en Henk kom kyk wat
dit is.
Hulle vertrek
op haar oupa se vlot ; maar die vlot stort by ‘n waterval af en in die rafyn
begin hierdie heerlike fantasie avontuur. Die leser word saamgevoer in die lekkerste
fantasie wereld van elwe in die
koningkryk van Loherin waar die
koningin Ellerin nog altyd treur oor haar twee kinders wat jare gelede verdwyn
het. Die twee kinders uit die mensewererld word genooi om ‘n paar dae hier te
vertoef, en saam met die elwe probeer hulle die twee kinders opspoor.
Die leser
word meegevoer in ‘n sprokieswereld met die pragtigste beskywings van diere en
plantegroei; van hekse op besems met towerkrag; van nare towenaars en armbande
met maansteentjies wat seine kan optel; van reuse aasvoels soos Dizzero en
Dwarrel; van kristalballe wat geheime vertel; van skrikwekkende Middeleeuse
kastele en baie geheime.
Hierdie is ‘n
belangrike boek deurdat ons hier vir die eerste keer in jare ‘n geloofbare
fantasie/werklikheids verhaal kry vir 10 tot 12 jariges met 269 bladsye van lekkerlees materiaal. ‘n Uitstekende balans word gehou tussen
gewone alledaagse gebeure en mense,
teenoor die interessante fantasie wereld van die elwe. In die geheel voldoen
hierdie verhaal aan al die criteria wat ‘n goeie kinderboek moet he:
interessante karakters, ‘n betowerende milieu; ‘n boeiende plot en verhaal
struktuur; genoeg opwinding en intrige en verassend ook ‘n heel menslike
afsluiting vol menslikheid en deernis.
Die boek word
hoogs aanbeveel vir skole, biblioteke en tuisversamelings. ‘n Groot dankie aan die skrywer vir ‘n
belangrike bydrae tot die Afrikaanse jeuglektuur.
Kobie Kruger(
Tafelberg, 2014)
No comments:
Post a Comment