Vels, Verna: Liewe Heksie en die
helikopter( H&R, 2018) Illustrasies deur Vian Oelofsen
Hierdie is
die derde pragtige groot formaat- boek wat volg op Liewe Heksie en die silwer roos en Liewe Heksie en die sterretjieskombuis.
Karel Kat
kom kuier vir Liewe Heksie met sy geel helikopter en sy word genooi om saam met
Karel op ‘n rit te gaan in die “meuliekopter” volgens Heksie. Koning Rosekrans
wil ook saamry, maar hy en Karel land in ‘n boom en Heksie moet help om die
twee grond toe te bring. Wanneer Karel
die koning later veilig paleis toe neem, gaan Heksie agterna op haar besem met
Matewis net ingeval die “meuliekopter “ se wiele in ‘n boom vashaak!
Vian
Oelofsen bied vir die leser ‘n fees van kleur met die heldergeel helikopter,
blou en pienk blomme in die veld, Koning Rosekrans se rooi baadjie , groen
blare en veral effektief is die delikate effek wat hy verkry vir die helikopter
se vlug in die lug met Liewe Heksie se gesiggie so wasig binne. Hierdie boeke met
Oelofsen se pragtige illustrasies steel absoluut jou hart. Liewe Heksie
aanhangers kan hul verlustig in die sprokieswèreld waar sy haar bevind. Hoogs
aanbeveel.
Siegner, Ingo: Klapper die drakie is
nie bang nie!( H&R, 2018) Afrikaans deur Kobus Geldenhuys.
Klapper en
die draakkinders besluit om na Rooi Rudolf die gevreesde seerower se rooi
edelsteen te gaan soek op die skilpadeiland. In die see sien hulle ‘n duikboot
en ontmoet die seerower aan wie dit behoort. Saam sit hulle die soektog voort,
maar word aangeval deur ‘n reuse seekat. Die seerower help hulle om te
ontsnap,en die kinders prys hom vir sy dapperheid, en almal is nou groot
vriende.
Klapper is
die oulikste drakie ooit, en daarby dapper en getrou aan sy vriende. Siegner se
illustrasies laat jou nog meer verlief raak op die bekoorlike karakters.
Beginner lesers behoort die boeke baie te geniet.
Siegner, Ingo: Klapper die drakie
gaan skooltoe( H&R, 2018) Afrikaans deur Kobus Geldenhuys.
Klapper is
oppad na sy eerste skooldag en ‘n klein vreetdrakie ontmoet hom langs die pad.
Hy nooi die vreetdrakie saam skooltoe, en saam moet die twee eers sy vreetdraak-ouers
oortuig dat hy saam met Klapper skooltoe kan gaan, want vreetdrake glo nie aan
skoolgaan nie.
Vreetdrakie
leer ook om te swem in die skool, en hy bewys aan sy ouers dat hy kan swem toe
hy die rooi steen uit die diep water red.
Die Klapper
–reeks laat beginner lesers kennis maak met karaktertjies wat omgee vir mekaar,
saam avonture beleef, en nog leer om te lees en skryf ook!
Lees ook Klapper die drakie en die groot towenaar,
en Klapper die drakie en die swart ridder.
Jacobs, Jaco: Spaghetti tussen jou
tone( LAPA, 2018) Illustrasies deur Alex van Houwelingen.
Tom en
Trevor is beste maats met die spesiale talent dat hulle hou van grappe maak en
poetse bak. Die nuwe juffrou by die skool, Zaan van Graan word vir die twee ‘n
groot uitdaging want sy word eenvoudig nie kwaad nie al gebeur wat. Hulle
besluit dus om haar te probeer kwaad maak. So suksesvol is dit, dat hulle
volgende uitdaging word om haar weer vriendelik te kry! Min wetende dat sy ook
hou van poetse bak…
Lekker ligte
leesstof vir beginners met Jacobs se fyn humorsin teenwoordig om die
leeservaring net ‘n groot plesier te maak. Van Houwelingen se illustrasies skep
die regte atmosfeer.
Nolte, Noreen: Dans, Jenna( LAPA,
2018)
Nolte se
debuut was Om te dans in 2017. Die
gekwalifiseerde balletonderwyseres skryf oortuigend met ballet as tema.
Jenna is ‘n
meisie wat ballet liefhet en net wil dans. Sy en haar ma sukkel finansieel,en
sy weet dat sy eenvoudig met haar gehawende skoene sal moet dans wanneer die
Kunstekaap die Sint Petersburg
Balletgroep aanbied met geleenthede vir jong kunstenaars om die winterskool by
te woon indien hulle in die kompetisie uitblink.
‘n Verhaal
vir 9-11jariges met veral ‘n liefde vir ballet. Karakterisering is gebalanseer
met die gebruiklike vriendinne wat mekaar ondersteun versus die jaloerse dogter
wat Jenna as kompetisie sien en met haar ma se hulp Jenna se drome probeer
verongeluk.
Die vrolike
omslag met die stralende Jenna trek dadelik die aandag.
Nie-fiksie vir kinders :
Brooks, Susie: Knip verf plak-50
prettige kunsprojekte( LAPA, 2018). Afrikaans deur Jaco Jacobs.
Die drie
titels wat bespreek word is weereens ‘n bewys dat nie-fiksie nie beteken
nie-plesier vir lesers nie!
Handwerkprojekte
help kinders en onderwysers met idees om kuns te maak. Basiese kunsbenodighede
word gelys met nuttige wenke oor hoe die spesifieke projek aangepak kan word.
Van vlermuis-skaduwees, hand-diere, prettige pikkewyne ,robotte wat rock ,
swemmende skillies tot ‘n monster-makietie- die idees is eindeloos en
stapsgewys genommer en kleurvol geïllustreer.Daar is 4 bladsye met patrone wat
gebruik kan word, en ‘n volledige onhoudsopgawe.
‘n Nuttige
boek vir biblioteek-, skool en tuisversamelings.
Jacobs, Jaco en Viljoen, Fanie: Hoezit! Die wonderwêreld van my liggaam(LAPA,
2018)
‘n
Aantreklike boek propvol feite oor die menslike liggaam. Die inhoudsopgawe lys
elke aspek van die liggaam, o.a. jou spiere, senuweestelsel, gesond eet,
kleurblindheid, sintuie, en verduidelik selfs wat met jou liggaam gebeur as jy
slaap.
Van die
bladsye is met ‘n vet-pret logo gemerk en is aktiwiteitsblaaie met speletjies
en kopkrappers. Ek sou dus nie sommer
aanbeveel vir biblioteke nie, aangesien die blaaie met aktiwiteite probleme kan
skep, maar vir onderwysers en tuisversamelings is die boek ideaal.
Die Slym-boek-alles wat jy moet weet om die
perfekte slym te maak!(LAPA. 2018). Afrikaans deur Linda Roos.
Meer as 30
fantastiese resepte word hier aangebied. Voorbeelde van nie-eetbare slym word
gevolg deur eetbare slym projekte. Die
slymprojekte het name soos rekkerige, skuimerige, sterretjies. Lekkerruik,
krakerige , knetterig, monstersllym, dinosourusse in amber en gloeiende slym!
Basiese
slymbenodighede word gelys, en elke individuele projek meld wat jy hiervoor
benodig, die tyd betrokke, hoe maklik of moeilik en met ‘n waarskuwing dat dit
eetbaar of nie-eetbaar is nie. Basiese stappe is gemerk van 1-3, en ‘n knippie
wetenskap word by elke projek ingesluit, bv. waaruit gom bestaan, wat
skeerskuim spesiaal maak, en dat party diere ook slym maak.
Die boek is
deeglik uiteengesit met kleurvolle illustrasies wat die prosesse eenvoudig
verduidelik. Bladsy 64 verduidelik hoe jy jou slym moet bêre, hoe om op te
ruim, basiese wenke word gegee as die
slym te taai is, of as dit breek as jy dit rek, of as dit nie genoeg glinster
nie.
Kinders wat
hou van kreatief handwerk-doen en nuuskierig is om nuwe projekte aan te pak,
sal die boek verwelkom. Onthou net dat
die opruim en bêre aspekte baie belangrik is.
No comments:
Post a Comment