Smit, Gertie(comp.) : Liedjies vir
pikkies en peuters( Tafelberg, 2017)
40 Versies
uit die boek Rympies vir pikkies en peuters is getoonset vir 1-3jariges. Die
boek bevat ook ‘n CD verwerk in saamsing-formaat met die stem van Marlie Katzke.
Onderwerpe
in 20 afdelings behandel baie van die onderwerpe wat vir die kleintjies
belangrik is, soos hulle lyfies, gesin, die huis, troeteldiere, speeltyd, en
gesonde kos. Onderwysers en ouers wat wil saamspeel of sing, sal saam met die
kinders groot pret hê.
Persoonlik
sou ek vir die ouerdom seisoene , insekte, en veiligheid bv. kon uitlaat, en meer persoonlike situasies soos tande
borsel, badtyd, ‘n eina, ingesluit het. Ek mis ook die pa- figuur en miskien ‘n
ouer sussie of boetie.
‘n Handige
en bruikbare toevoeging tot materiaal vir die heel kleintjies.
Die
illustrasies deur Astrid en Nadia Blumer gee kleur aan elke situasie.
Onder die
opskrif opvoedkundige motivering word die kenmerke van kinderliedjies, vir wie
dit bedoel is en hoe dit gebruik kan word, behandel.
Baie
duidelik is Gertie Smit ‘n ervare
opvoedkundige met ‘n liefde vir kinders wat hier duidelik uitgebeeld
word. Hoogs aanbeveel vir tuis-en klaskamers, en biblioteke.
Knister: Lillie die heksie in
Wonderland( PROTEA, 2017) Illustrasies deur Birgit Rieger.
17 titels
het alreeds verskyn by PROTEA uitgewers, en met vertalings in 40 tale is die
karaktertjie internasionaal baie geliefd.
Met haar
gebruiklike sin vir avonture en nuuskierigheid, besluit Lillie vergesel van
Hektor die drakie besoek hulle die sneeubedekte wonderland waar geheime op hul
wag , want gou hoor hulle by Neutella die eekhoring dat die koning van Lente,
Somer en Herfsland , koning Origano
gegaan het om die bergbewoners te help, en toe nooit weer teruggekeer
het nie. Daar is gepraat van groot nood, honger en ysige koue.
Ons dapper
helde besluit toe om self ondersoek in te stel, Ola die Ysingwekkende heers glo
daar – ‘n wrede despot met geen genade of simpatie vir lewe nie. ‘n Hoë
muur omring die land van verskrikking, en en die twee moet by die twee
hekwagte, ysbere, verby kom deur elke keer ‘n raaisel op te los. Sal hulle
daarin slaag om koning Origano op te spoor? Wat is werklik die situasie in
hierdie ysige plek?
Goed
versorgde boeke met die karaktertjie Lillie as boekmerk, en met heel aantreklike kindervriendelike illustrasies
. As ‘n beginnerleser eers betrokke raak by ‘n reeks, is hulle baie verlig as
nog ‘n titel verskyn! Vir selflees of voorlees.
No comments:
Post a Comment