‘n
Potpourrie van Afrikaanse kinder-en jeugboeke:
Krahtz, Karin: Elton die verskriklike
April verloor dit!( Tafelberg, 2017)
Elton amper
famous April en juffrou Brom (2015) was ‘n heerlike reguit op die man af
verhaal wat beïndruk het met ‘n geloofbare karakter sonder pretensies wat so
dadelik in jou hart gekruip het. Verblydend is die verskyning van ‘n tweede
April storie, en weereens is die verhaal net so ‘n lekkerte om te lees!
Hy en sy ma
bly nou in ‘n ouetehuis Groendakkies,
waar sy verpleegster is, en Elton is maar te bly om ‘n dak oor sy kop te
hê, ‘n vol maag en nogal ‘n paar vriendelike tannies wat lekker port kan drink.
Skool is ‘n uitdaging, want as ‘n groentjie word hy misbruik deur twee boelies,
beland eers in die verkeerde klas- Mechanics – terwyl hy eintlik hoort by
kunsklasse en sy musiektalent moet kan uitleef. Gelukkig is daar die noodhulp
kursus saam met die pragtige Roxy in die biblioteek-‘n veilige plek om vir
Popeye weg te kruip- “want die word bibbeljoeteek is beslis nie in sy woordeskat
nie”.
Elton bly
kwaad, en word gestuur na die sielkundige tannie Kameel wat hom aanmoedig om sy
gevoelens uit hom te teken… maar help dit regtig? Want hy moet alweer “cover”
vir sy ma wat laat huistoe kom, en Elton is oortuig die Samajoor in die tehuis
is sy ma se nuwe kêrel. Maar niks erger
kan wees as die nuus dat sy ma weer ‘n baba verwag nie! Sê Elton: “ Die lewe
skuiyt op my soos ‘n onmanierlike duif”.
“Ek is ver verby gatvol.En nou weet ek gatvol is
baie gevaarliker as woede, want as jy woedend is, gee jy nog om”.
Hierdie
joernaal met Elton aan die woord loop oor van treffende opmerkings wat aan
Elton se gevoelens gestalte gee. ‘n
Verhaal wat jou bybly, wat weer gelees wil wees, en ‘n plek verdien in
biblioteek, skool en tuisversamelings.
Engelbrecht, Nelia: Die
Poort-krygers( Tafelberg, 2017)
Hierdie is
die vierde en finale titel in die POORT-reeks- bewakers, reisigers en helers,
en nou krygers. Kali van Gala en die ander nuweling-bewakers van Bospoort het die geleentheid om hul Kragte en Magte te
oefen, maar swak beheer hiervan laat hulle beland in Ierland in ‘n kasteel wat
dien as ‘n beheersentrum wat al die Poorte op aarde monitor.
Die stryd
duur voort tussen die bewaarders en die Ander: Chanda –Mundia en sy volgelinge
wat hul gedurig opponeer. Dan is daar ook die interessante verhouding tussen
die drie- Kali , Zak en Leonardo- watter jongman gaan uiteindelik haar hart
volkome verower, of is dit nie moontlik nie?
‘n
Aksie-belaaide verhaal waar die bewakers uiteindelik tog die mense van Bospoort
moet verdedig teen die Ander wat in beheer van die Poort wil wees.
Lesers wat
die vorige drie boeke gelees het sal hierdie finale hoofstuk in die saga baie
geniet. Pragtige treffende omslae.
Webb, Holly: Lana en Rakker-vakansie
by die see( LAPA, 2017)
Die 5de
titel in ‘n prettige reeks met Lana en haar onnutsige hondjie Rakker as die
hoofkarakters. ‘n Vakansie by haar Oupa en Ouma by die see is dit die
geleentheid vir Rakker om met seewater kennis te maak, en Lana se ouma te
irriteer met sy stoutighede. Maar toe hy wegloop en hulle hom moet soek,
vermurwe selfs Ouma se hart.
Onskuldige
ligte leesstof vir kinders wat al ‘n eenvoudige teks kan bemeester, en hou van
‘n storie met ‘n gewone gesin wat vakansie hou by die see.
Webb, Holly: Lana en Rakker –Rakker
se prettige Kersfees( LAPA, 2017)
In die sesde
boek in die reeks kry die twee die geleentheid om te help met die diereskuiling
Vierpotige Vriende se Kersfeesfunksie in Julie om fondse in te samel.
Lana is
dadelik baie entoesiasties en betrek ook ander maats by ‘n vertoning van
kersliedere. Sy oortuig selfs haar ouers om vir hul huis ‘n reuse kersfeesboom
te koop. Rakker besef hy sal nie sy been teen hierdie boom kan lig nie! Elkeen
van die kinders trek vir hulle honde oulike kersfees-uitrustings aan- Rakker is
tog te oulik met sy hoed, maar ‘n bietjie van ‘n verleentheid toe hy saam met
die koor begin “sing”.
Ligte
leesstof met ‘n rakker van ‘n hondjie wat gedurig nuwe stoutighede aanvang.
Smit, Louise: Haasdas se
nuuskas-episode 3( H&R, 2017) Illustrasies deur Vian Oelofsen.
Die dag vir
die sportbyeenkoms breek aan . Groot opgewondenheid heers in Diereland om die
wedloop tussen Hasie Kwassie en Skillie Skilpad te sien.
Hasie is vol
selfvertroue dat hy gaan wen:”Met my Spoetnieke( sy wegholskoene) hol ek sonder
brieke”. Hy neem net deel om vir eens en altyd die storie dat skilpad haas
gewen het, stop te sit. Sal hy dit regkry? Of is daar diere wat ‘n stokkie voor
sy grootmond uitsprake gaan steek?
Vian
Oelofsen se illustrasies lewer ‘ngroot bydrae tot die aantreklikheid van die
boek: Piet Muis met sy groen strikdas en geel broekie, die twee skilpaaie met
die rooi pette; die maer hasie met sy ontwerperskoene; die wildebees en oupa
Dassie elk met ‘n Veldnuus koerant; en
daardie bloedrooi tv waarna die diertjies met soveel konsentrasie kyk om uit te
vind wie nou regtig die wedstryd gewen het! Om nie te praat van die imposante
koning Leeu en die pikswartmoeder Raaf se gesprek om ‘n oplossing te vind vir
die kleintjies wat blootgestel word aan die ou afgetrede diere se stories sodat
daar geen stilte meer is nie.
Baie
vermaaklik en ironies.
Bertish, Greg: The little optimist(
The little optimist trust) 2017 Illustrations by Chip Snaddon. An Afrikaans
edition will come.
The author
is a South African champion lifesaver achieved as a multiplecardiac surgery
survivor, and ambassador for the Children’s Hospital Trust. In 22016 he sailed a children’s optimist
dinghy around the Cape of Storms. The beautiful Langebaan lagoon was the final
destination, and the setting for his story about the little yacht – an Optimist
–the smallest of all yachts. But this yacht compensated for his size by having
the biggest heart you can imagine. He would say to himself:” I may be slow and
I may be small. Mysail is square and I’m not tall. But I am special and I have
a heart.My dreams are big and this is just the start”.
In a brave
rescue attempt he safes an old Houseboat which was in trouble far out in the
dangerous waters, something none of the other bigger boats would attempt.
A charming
story with tremendous appeal in its sincerity , a lesson in courage and to trust one’s own abilities. www.thelittleoptimist.org.
Davies, Benji: Oupa se eiland(
PROTEA, 2017) Vertaler: Carmen Hansen-Kruger. R150
Simon se
Oupa woon aan die onderpunt van hulle tuin in ‘n huis. Hy besoek sy Oupa
gereeld. Op ‘n dag kry hy sy Oupa op ‘n ongewone plek- op die solder waar hy
agter ‘n laken’n groot metaaldeur laat verskyn en Simon nooi om saam met hom op
‘n bootreis te vaar na ‘n pragtige tropiese eiland . Hulleherstel’n vervalle
huisie op die eiland, en Simon dink dit is die beste plek ooit. Hy weet egter
dat hulle sal moet truggaan, maarsy Oupa vertel hom dat hy daar gaan agterbly.
Toe hy na sy tuiskoms weer ‘n draai by oupa se huis gaan maak is Oupa nie meer
daar nie. ‘n Voël bring aanhom’n koevert met ‘n foto van glimlaggende Oupa op
die eiland omring deur tropiese voëls en diere.
Keurig
versorg soos kenmerkend van PROTEA se kinderboeke -die tropiese eiland is
aanloklik met die welige plantegroei en
diere.
Die boek
word bemark as ‘n verhaal wat “‘n mooi maar hartseer storie op ‘n
avontuurlustige manier vertel hoe kinders’n geliefde grootouer groet, hetsy dit
vir altyd of tydelik is”. Ek dink nie hierdie voorstelling van die dood en
afskeid gaan in alle ouers se smaak val
nie; dink na oor hoe dit met kinders gebruik gaan word.
Punt-Fouché, Louisa:
Skaarser-as-skaarste Oewerkonyn van die Karoo( Christel Foord, 2017).
‘n Sterk
poëtiese ontroerende teks stel die leser bekend aandie Oewerkonyn, ‘n bedreigde
soogdier waarvan daar vandag na beraming net 250 pare oor is volgens die
skrywer. Feite oor die dier se
eetgewoontes en bedreigde habitat word verweef in ‘n teks wat sing en dans:”Die
bossies wat ons eet, rivierdraaibos, gannabos, bierbos, inkbos en skaapbos,
word daarom al hoe skaarser”.
‘n Pragtige
gedig word aan die Oewerkonyn opgedra, hiervan ‘n uitreksel:
“jou ore so
lank jou voete so sag
Jy verstaan
die fluisteringe van die donkerste nag”….. ‘n Ongewone boek deur ‘n kunstenaar se hand
–‘n mengelmoes van kleure, letters en sterk gevoel.
Rousseau, Leon: Ek leer van kleure; Ek leer die ABC; Ek leer
tel( H&R, 2017) Illustrasies deur Karen Ahlschläger en Johann Strauss.
Drie
individuele boeke in sagteband wat voorskoolse kinders help met getalle, om
letters te kan identifiseer, en kleure waar
te neem.
In Ek leer van kleure is dit gewoonlik
oulike muise wat elke individuele kleur voorstel en dienaam van die kleur
telkens herhaal. Dan word die rëenboog se kleure aangedui, en op die finale
twee bladsye is daar ‘n dorpstoneel kompleet met ‘n treintjie wat kinders
uitnooi om te noem watter kleure hulle hier raaksien.
In Ek leer die ABC kan kinders deur herhaling ook die
letters van die ABC leer identifiseer met klanke daarby om te help met die
uitspraak. ‘n Prettige Appeltert-alfabet word gebruikas objek om die kind tot
by die letter z te neem. Heel oorspronklik!
In Ek leer tel is die muiskaraktertjies
weer hard aan die werk om kinders se tellery verleidelik mooi te illustreer.
Hierdie is
baie aantreklike boeke en behoort goed ontvang te word deur volgelinge van die
Storiemuis-reeks.
No comments:
Post a Comment