Monday, November 3, 2014

Speurhond Willem rocks!


Speurhond Willem en die diamantdiewe(Tafelberg, 2014)

Adriaan vertel Willem dat hulle graad gedurende die vakansie op die Oranjerivier gaan roei, dus kan hulle nie die boomhuis bou wat hy Willem belowe het nie.  Toe hy by dis skool aankom om te vertrek, daag Willem op in ‘n swart motor en vertel Adriaan hulle het ander planne- hulle gaan NabimiĆ« toe om diamantsmokkelaars te vang.

Konstabel Kolgans van die Spesiale Veldeenheid verwelkom hulle op die lughawe vergesel van die groot swart wolfhond Max. Oppad  los hy die twee in die middel van die woestyn sonder water of kos.

Gelukkig kom ‘n snaakse klein mannetjie hul te hulp. Hy gee aan Willem ‘n pragtige pienk klippie as geskenk.  Soos die ondersoek vorder kom die twee speurders voor baie kopkrappers te staan- hoe word die diamante uitgesmokkel?

Hierdie is die sesde boek in die uiters gewilde Speurhond Willem reeks. Die skrywer het weereens bewys dat sy haar lesers nie teleur stel nie.  Die Namibiese omgewing word oortuigend geskilder; die plot is goed uitgedink en hou die leser betrokke tot die einde, en met haar gemaklike skryfstyl en humoristiese aanslag is dit net ‘n groot plesier om in nog ‘n Willem avontuur te deel. Chris Venter se illustrasies is ook in die kol en skep net die regte atmosfeer met sy uitbeelding van die verskillende karakters en omgewing.

Mag Speurhond Willem nog baie heerlike avonture geniet!  My gunsteling aanhaling uit die boek:”Sedert ons Willem van die Dierebeskermingsvereniging gered het , was my lewe(Adriaan )  al meer dikwels in gevaar as wat my ma vir ons poeding maak op Sondag”.

Elizabeth Wasserman( Tafelberg, 2014)  Illustrasies deur Chris Venter

 

1 comment: