Nina en die funky eksperiment
Nina se pa
skryf ‘n storie oor die nuwe koeldrank-fabriek op die dorp en Nina besoek die
fabriek saam met haar pa. Die Professor daar is egter baie onbeskof en hulle
word omtrent weggejaag. Sy neem egter ongemerk die deur se sleutel saam. Sy en
haar vriendin Jes is alweer in die solder en Nina sit die pet op wat haar op
buitengewone reise neem- hierdie keer land sy op ‘n seun se kop en sien sy
gesig is oortrek met puisies. Sy is toegespits op die atletiekbyeenkoms en wil
aan die hoogspring item deelneem. By die skool is daar ‘n nuwe meisie, Mirkia,.en
die spring sommer baie hoër as die ander meisies. Haar
boetie het ‘n padda genaamd Brommels in die parkie opgetel,en met die oefening
drink Jessie uit die verkeerde koeldrank-bottel en spring toe ook ewe maklik
oor die dwarslat! Daar is defnitief iets in die koeldrank wat Mirkia drink.
Hulle let ook op dat sy gedurig pleisters op haar gesig het wat goeters
toeplak. D.m.v. die pet in die solder besoek sy die fabriek en sien hoe die
professor ‘n paar druppels vloeistof by die koeldrank mengsel gooi.Sso begin
hulle nuwe avontuur ontvou; en Nina se lesers sal dit geniet om te lees hoe sy
die Professor uitoorlê, en selfs daarin slaag om ‘n funky eksperiment te doen
met suurlemoene- ‘n supa doepa borrelkoeldrank; en gelukkig ook ‘n koeldrank
sonder enige nadelige effekte!
Nina en die wacky hare was die eerste boek in die reeks (
Wenner van ‘n ATKV-kinderboektoekenning), ‘n boek wat ook op die kortlys was
vir die MER prys vir geillustreerde kinderboeke in 2013.
Elizbe van
der Colff het ‘n fyn aanvoeling vir die verbeeldingswêreld van jong lesers; sy
skep geloofbare karakters wat optree en reageer soos tipiese jong nuuskierige
avontuurlustige kinders wat hul omgewing ondersoek en in die skool situasies
betrokke is en n verskil probeer maak deur self te presteer, of bose elemente
wat nadelig kan impak op die skoolgroep, te ontmasker. Heerlike groot druk; Chris Venter het
weereens bewys dat hy die skrywer se
karakters verstaan en oortuigend kan teken.
Hoogs aanbeveel vir skool, biblioteek en tuis versamelings.
Van der
Colff, Elizbé ( Tafelberg, 2014) Illustrasies deur Chris Venter
No comments:
Post a Comment