Jacobs, Jaco: Koebaai, Gorilla ( LAPA,
2014) Illustrasies deur Stephen Wallace
Hein Venter
sal enigeiets doen vir sy Enrico vriend se heerlike toebroodjies, selfs ‘n
asblik op sy kop dra en belowe om vir ‘n hele week lank nie sy tande te borsel
nie! Die daaglikse toebroodjies dra net daartoe by om sy asem nog walgliker te
maak. Dit is so erg dat sy grootouers hom nie wil soen nie, en Lindiwe werklik
flou word op die skoolbus langs hom. Maar toe ‘n gorilla ontsnap uit sy hok in
die dieretuin en Enrico se lewe bedreig word, kan ‘n slegte asem dalk van groot
hulp wees!
Daar is net
geen einde aan Jaco Jacobs se vrugbare verbeelding nie! ‘n Snaakse storie; en een wat jou gou weer
tande laat borsel!
No comments:
Post a Comment