“In die land van Pamperlang maak gogga nooit vir baba bang; in
die land van Wieliewalie sit ‘n apie op ‘n balie; in die land van Dikkedensie
val Piet Pollewiet plat op sy pensie. In die land van Koekmakrank loop Klossie
Jakkals kamma mank. In die land van Ritserympies fluister almal
woordgeheimpies; in dieland van Appelliefie is jy die liefste hartediefie”“Stories
uit die skat van wereldfolklore is ‘n erfenis so oud soos die berge; tog
vernuwe hulle hulself telkens na gelang van die oorverteller”. Hier word onder
andere klassieke gunstelinge van vroeere geslagte by herhaling in ‘n nuwe vorm
oorvertel.
Met hierdie
prag bundel het Linda Rode weereens
bewys dat sy die doyenne van kinderliteratuur is.
Met
herhalimg, rym en klankspel , die fynste aanvoeling vir taal , woorde
wat spreek tot die kind , voer sy die leser vanuit ons alledaagse werklikheid
na ‘n fantasiewereld waar Trommeltjie Rollerommetje, Diedeldonsie, ‘n liewe Kokkenennetjie,
‘n lappieskombers van drome en ‘n jakkals wat gaan trou en ‘n ploemserige ,
plomserige waterding jou wegvoer na die
mooiste , lekkerste leeservaring ooit.
Haar woorde en beskywings sing en dans en haar fyn humorsin maak die
algehele ervaring een van die grootste lekkerte ooit! Hierdie is soos sy tereg
skryf:” ‘n storie sonder einde. ‘n storie wat aan-en aan-en aanhou, so lank as
wat mense na stories luister. Die
leeservaring is hier so lekker en vervullend dat ‘n mens baie traag die einde bereik.
Gelukkig is daar die volgende keer van weer lees en weer geniet.
Die
illustreerder Johann Strauss lewer hier van die mooiste en fynste werk wat die
beoordelaars nog teegekom het. Kleurvolle volblad illustrasies met vrolike
vriendelike karaktertjies wat sing en dans getuig van ‘n kinder-vriendelike
gemoed en ‘n fyn aanvoeling vir dit wat die pragtige teks sal aanvul en verdere
dimensie gee. Se Linda Rode tereg: “ Sy besonderse ruimtelike persepsie en
onnutsige aandag aan detail is ‘n bonus vir sowel die kinderkyker as die volwasse voorleser.”
‘n Keurig
versorgde boek en ‘n waardige wenner van die MER prys vir geillustreerde
kinderboeke.
Geskryf deur Linda Rode met illustrasies deur Johann Strauss
No comments:
Post a Comment