Thursday, October 16, 2014


Lotta se lewe- bendes, swape en skape

Na die leser se eerste bekendmaking met Lotta in die boek Konyne by dosyne , is hier die geleentheid om nog meer van haar avonture te geniet.  Sy vermaak ons weer in dagboek formaat en vertel van Hekel die papegaai-koketiel wat haar wakker skree en nog vir drie weke haar gaan irriteer.Sy is nog altyd bevrees om haar blokfluit te speel. Berenice begin ‘n Meisiebende,  die Glamour girls, en Lotta stig toe dadelik haar eie bende- Die Kwaai konyne. Omdat net sy en Chantelle daaraan behoort, nooi sy toe maar Paul om ook ‘n lid te wees.   Lotta noem Berenice se bende die Skaapkoppe. Chantelle is bang vir Juffrou Knacker en die wiskunde toets, en draai stokkies. Lotta skryf toe maar self die brief en sĂȘ sy het pes en kon nie skooltoe gaan nie. Hulle hou hulle ook besig om die ander bende af te loer.

Hulle word na Berenice se partytjie genooi en slaan tent op daar. Daar is toe ‘n kompetisie waar die person ‘n mini MP3 speler kan wen! Die Rockers is ‘n seunsbende met die sterkste ouens in die klas. Die partytjie is ‘n tipiese kinder-geleentheid:  ‘n verjaarsdagkoeke; speletjies en vermaak en die nag slaap almal oor in hul onderskeie tente. Haar deelname aan die skool orkes is ‘n fiasco:” note het vir my nog altyd gelyk asof ‘n vlieg oral op ‘n stuk papier gebollie het”.

Sportdag by die skool is Berenice weer in bevel. Lotta hoop net dat Berenice tog nie die vergooi kompetisie wen nieen ‘n goue sertifikaat verower nie!  Die vier Rockers begrawe arme Paul in die verspring-sandput, en die twee meisies neem wraak deur hulle met die tennisnet vas te bind. Nou is Paul nie meer kwaad vir hulle nie en weer vriende. Hekel die papegaai word gehaal en Lotta is nogal hartseer hieroor. Die paar grys vere wat van hom agtergebly het, het sy in haar klein skatkis gebere.   

Lekker leesstof vir jonger lesers. Die illustrasies van Daniela Kohl  vul die teks so lekker aan; dit maak die boek nog lekkerder om te lees.      

Pantermuller, Alice ( H&R, 2014)

No comments:

Post a Comment