Saturday, January 31, 2015


Twee lekker ligte ontspanningsverhale vir tieners!-

Jonker, Marga: City girl en die swart hings ( Tafelberg, 2014) en

Neser, Christien: Franse vlegsel( LAPA, 2014)

City girl en die swart hings:

Perdestories bly gewild by jong lesers, en hierdie is die derde boek deur Marga Jonker, vooraf gegaan deur Sonder Chocolate Charlie (2013) en Brigadier en die raaiselponie(2014).

Weereens stel sy nie teleur nie. Nicole en haar ma gaan die vakansie op Elandsbaai deurbring waar haar ma navorsing in mikrobiologie gaan doen. Gelukkig word sy uitgenooi om saam met die Weskus ruiters perd te ry.  Die jongmense is geinteresseerd in ‘n swart hings –‘n wildeperd Soutvis wat hulle graag wil aankeer. Nicole op Raven, ‘n swart merrie, trek sy aandag. 

So begin ‘n opwindende vakansie vir City girl. Sy kom ‘n strandwolf teĆ« en leer seil, maar die heel beste ondervinding is die maanligrit op die strand met Raven waar Soutvis nou begin saam hardloop en uiteindelik besluit het sy wilde jare is verby. Die vakansie was toe gladnie so sleg nie!

‘n Lekker storie met genoeg detail om oortuigend te wees. Die karakters oortuig in hierdie milieu, en die interaksie tussen karakters  wat uitgebeeld word is gemaklik en warm en oortuigend. Goeie waardes en gesonde gesinsverhoudings word uitgebeeld.

Franse vlegsel:

Hierdie is die sesde boek in die uiters gewilde tiener reeks met Elle Kroon as die hoofkarakter. Kondensmelk, Koshuiskoffie, Blou sjokolade, Rocksusters, en Duinebesies het voorheen verskyn.

Elle begin haar Graad 11 jaar maar sleg volgens haar- Alex gaan ‘n jaar lank weg op een of ander avontuur; haar status is dus nou alleenlopend; haar nuwe haarstyl is vreemd; sy verloor die sleuteltjie tot die ketting wat Alex met sy vertrek aan haar gegee het; en nou moet sy ook help om die twee uitruilstudente uit BelgiĆ« tuis te laat voel by Gravitas. En om dinge nog ingewikkelder te maak is Maxime . die uitruilstudent, nogal baie aaantreklik! Gelukkig is daar die vakansie in Parys om na uit te sien-haar ouers gaan haar daar ontmoet met ‘n spesiale geskenk.

Soos die vorige boeke in die reeks lees Franse vlegsel ook lekker. Die gemaklike styl en geloofbare karakters bewys dat Neser se gewildheid net gaan bly. ‘n Lekker ontspanningsleesboek vir tieners.

 

Lona Gericke - Januarie 2015

 

No comments:

Post a Comment