Tuesday, July 25, 2017

Sewe prenteboeke duer PROTEA uitgewers


7 Prenteboeke – ‘n Fees! Vir prenteboek-liefhebbers.

Bolliger, Max: Clemens die kat ( PROTEA, 2017) R130  Illustrasies deur Obrist, Jürg.

Clemens die swart kat woon op die werf saam met ‘n hen, koei, varkie, bok, skaap en ‘n konyn. Soos ander katte hou hy darvan om in die veld rond te hartloop of in die son te lê en bak. Die diere prys sy mooi voorkoms, net konyn wens hy was so vry soos Clemens.

Al die komplimente gaan mettertyd na sy kop, en hy pronk al meer. Toe sy bewonderaars hom klere aantrek, vlieg selfs die swaeltjies verskrik weg!  Dit laat Clemens tot sy sinne kom, en hy word weer die swart kat wat deur die veld hardloop en  voëls bekruip.

Kleurvolle groot illustrasies wat die bladsye vul, saam met heerlilke humor en ‘n gesonde lewensles laat hierdie puik versorgde boek lee fen ‘n lekker leeservaring maak.

Bouchard, André: Ernst, meester van die wêreld( PROTEA, 2017) R150 

Ernst die kiem is piep-klein en afstootlik. Professor Pluk doen biologiese navorsing. Toe hy na ‘n luis op die kop van ‘n reuseponie soek, verskyn Ernst onder sy mikroskoop.  Maar Ernst spring op sy lyf en neem die Professor se brein oor. Hy laat hom alles doen wat hy vra, gewoonlik aaklige goed soos om himself as Rooikappie te vermom en in die arena met ‘n gevaarlike bul te spring. Pluk word Mars toe gestuur om al die marsmannetjies rooi te verf, en Ernst keer terug aarde toe as n bedreiging vir almal. As jy ‘n blou kat sien wat besig is om te bad…. O aarde!

Aweregse humor , verbeeldingryk en hoogs vermaaklik veral vir ouer kinders wat die komiese situasies sal geniet.

Bouchard, André: Wolf! Wolf! ( PROTEA, 2017) R150

‘n Groot swart wolf staan by die bed van ‘n slapende meisie en wil hê sy moet wakker word, maar hy kry teestand van haar nagmerrie wat onder die bed woon en weer haar slegs kan bangmaak as sy slaap. Wolf slluk nagmerrie in, en haar Ouma se nagmerrie kom om hom te help. Altwee word doodmoeg, en die dogtertjie klim uit die bed en gaan haal haar Ouma om die twee ‘n les te leer. En watter onaangename les leer ou wolf toe!

Alreeds laat die omslag met die aaklige wolf gesig jou nuuskierig maak oor die inhoud van die boek. ‘n Baie slim manier om kinders gerus te stel oor nagmerries , veral as hulle in hierdie gedaantes verskyn.

Davies, Benji: Die stormwalvis( PROTEA, 2017)R150.

Die oorspronklike The Storm Whale het vele pryse gewen, en die Nederlandse vertaling is aangewys as die kinderboek van 2017.

Noi is ‘n seun wat meestal alleen by die huis bly terwyl sy pa as visserman werk. Na ‘n stormagtige nag ontdek Noi ‘n klein walvis wat op die strand uitgespoel het. Hy neem die walvis huistoe en probeer om hom tuis te laat voel; vertel selfs stories en probeer hom wegsteek vir sy pa. Maar sy pa weet die walvis moet teruggeneem word see toe.  Noi mis sy vriend,maar hy hoop om hom weer eendag te sien.

Die eenvoud van die omgewing word treffend deur Davies geteken, en skep die regte milieu vir ‘n storie wat ook tref juis oor die eenvoud en opregte gevoel van die eensame kind. ‘n Mooi aanbieding. Ek het net die ses katte gemis in die eerste illustrasie! 

Donaldson, Julia: Die Voëlverskrikkertroue( PTOTEA, 2017) R150. Illustrasies deur Axel Scheffler. In Afrikaans vertaal deur Philip de Vos.

6 Titels deur die skrywer is reeds beskikbaar by PROTEA.

Met sy gebruiklike gawe om ‘n teks in rym lewe te gee vermaak de Vos weer met die verhaal kinders met ‘n heerlike snaakse teks . Bettie van Riet en ou Stokkies van Graan “die eenwas van hawer, die ander van strooi; die een nes die ander en albei was mooi”.

Stokkies besluit hulle twee moet trou, en die voorbereidings vir die huwelik begin – hul lysie bevat vere, skulpe, blomme, twee ringe en twee klokke! Die diere is baie behulpsaam, maar toe Stokkies water gaan soek op padda se aanbeveling en deur stadige slakkie ook langer wegbly van sy toekomstige bruid,probeer Albertus haar oorreed fom eerder met hom te trou. Gelukkig laat hy sy sigaar val, en Stokkies red die situasie met water en blomme.

“En so was die troudag vanStokkies en Bettie-met lag, en met dans en met hope konfetti”.  ‘n Lawwe, vrolike lewendige verhaal.

Donaldson, Julia: Zok en die vlieënde dokters( PROTEA, 2017) Illustrasies deur Axel Scheffler. Afrikaans deur Philip de Vos.

‘n Ridder Boudewijn en ‘n prinses Mynie is vlieënde dokters wat kwale regmaak met Zok die dapper draak as hul vervoermiddel.Hul hulp aan ‘n meermin wat verbrand het , ‘n eenhoring wat sukkel met ‘n ekstra horing, en ‘n grieperige leeu, kom toe handig te pas toe Mynie se oom siek word en die dokters nie raad het vir sy oranjebruin gesig nie! Hy erken nou dat Mynie nie ‘n prinses wil wees met ‘n kroontjie en borduurwerk nie, maar dat sy ‘n regtige dokter is en so baie kan beteken.

Weereens is Philip de Vos in die kol met sy prettige vertaling, en kan lesertjies die draak en twee dokters se avonture geniet.

Freedman, Claire en Hindley, Kate: Paul en Vlekkie( PROTEA, 2017) R150.Vertaler Kristèl de Weerd.

Die seuntjie Paul mis sy vriende nadat hy na die groot stad moes trek. Skielik sien hy een oggend in die rëen iets raak”so helder soos ‘n papawer in ‘n koringland”: ‘n kelin papnat hondjie met ‘n rooi leiband wat lyk asof hy verdwaal het. Paul wil hom nie alleen los nie, en h yen Vlekkie begin die stad verken en Paul is vir die eerste keer gelukkig van hy in die stad woon. Maar wanneer dit skemer word, word Vlekkie altyd hartseer en tuur na buite waar sy regte huis moet wees. Paul weet hy moet sy eienaar prober opspoor. Aanfanklik is daar geen reaksie nie, totdat hulle een oggend gaan stap en Vlekkie afstorm op ‘n meisie wat eensaam op ‘n swaai sit- sy regte eienaar! Rosa is tog te bly om haar hondjie terug te kry, maar sy nooi dadelik Paul om saam met hulle te loop sodat Paul besef hy het nog ‘n vriend bygekry.

‘n Mooi storie waarmee elke diereliefhebber sal identifiseer, veral waar jy gedurig hoor van diere wat vermis word en hartseer eienaars agter laat.

Die illustrasies dra by tot die bekoring van die boek- fyn tekeninge van ‘n klein seuntjie en baldadige hond ; kleure word subtiel aangewend en daar is ‘n goeie balans tussen teks en illustrasies. Die hondjie se rooi nekbandjie is altyd sigbaar .

No comments:

Post a Comment