Jacobs, Jaco: Zackie Mostert en die
super stinkbom( LAPA, 2017) R85
Die 13de
titel in hierdie gewilde reeks stel weereens nie teleur nie! Zackie en Vincent
sluit by die skoolkoor aan omdat hulle op die lekker koorkamp wil gaan, net om
te hoor dat die rugbykamp dieselfde tyd plaasvind. Anton die skoolboelie begin
sommer dadelik spot met Zackie Mozart, maar sy nuwe koormaats besluit ‘n
stinkbom is net die regte ding om Anton stil te kry. Maar dit is juis Anton se
sangstem wat hom self in die koor laat beland- die grootste straf ooit! Vir hierdie
boelie.
Jacobs, Jaco: Zackie Mostert en die
slim speurder( LAPA, 2017) R85
Zackie word
verkies tot kaptein van die krieketspan, wat Anton dadelik laat besluit hy moet
wraak neem . Toe Jenny Jay by die skool optree, verdwyn haar kosbare halssnoer,
en Anton probeer Vincent van die diefstal beskuldig. Maar Zackie hou sy lyf
speurder, en die verlore halssnoer word op ‘n spesiale plekkie opgespoor.
Ligte leesstof
vir Zackie se aanhangers met net die regte balans van humor en ‘n onderhoudende
storielyn.
Roux, Lize: Stalmaats 19- Pretrit(
LAPA, 2017) R100
Anri en haar
twee vriendinne is opgewonde oor die skoolvakansie wanneer hulle rylesse en ‘n
Paaseier-soektog vir die kinders van die Peace Shelter gaan reel. Nadine, haar
beste vriendin van die vorige ryskool kom kuier, maar dit is baie duidelik dat
sy gladnie by die lesse betrokke wil raak nie. Anri kan dit nie verstaannie,
totdat Nadine haar die rede hiervoor vertel. Dalk word dit nog ‘n heerlike
pretrit!
Roux, Lize: Stalmaats 20-Perdediewe(
LAPA, 2017) R100
Anri en haar
gesin gaan vir die langnaweek Kaap toe waar haar broer aan die fietsryproewe
gaan deelneem. Sy weet Jacques mis sy perd Thunder baie waar sy en haar
vulletjie Storm ook in die Kaap is sodat Storm geopereer kan word vir sy knieë.
Hulle nooi Jacques saam sodat hy sy perd kan opsoek. ‘n Perde diefstal vind
plaas, en die jongmense probeer die skuldiges vastrek.
‘n
Opwindende storie met onverwagse wendings.
Die Stalmaats aanhangers sal lekker kan lees.
Jacobs, Jaco: SKWIEK( LAPA, 2017)
R100.
Nathan hou
nie van Dinsdae nie . Maar vreemde dinge kan op ‘n Dinsdag gebeur- soos ‘n boks
wat vir hom afgelwer word met ‘n hamster as geskenk. Charlie sy vriend kom
kuier, en hy word deur die hamster gehipnotiseer. So leer Nathan dat die
hamster net kaaskrulle eet, terwyl Charlie niks onthou van die situasie nie.
Nathan het nou hope pret met die hamster wat sy sussie en ander kinders
hipnotiseer. Toe belangrike inligting van sy ma se rekenaar verdwyn, vind hy
uit waarom SKWIEK daar is, en nog ‘n groter verassing oor sy ma se werklike
beroep. Die skurk Basil Beyers wil die wêreld oorneem met sy uitvindsel. Gaan
hy daarin slaag? , of sal hy op sy plek gesit word…
‘n Heel
oorspronklike tema met hope aksie en verassings om jong lesers te vermaak.
Steyn, Sanri: Die vampiere van
Vlermuishoogte( LAPA, 2017) R100. Illustrasies deur Johann Strauss.
Hierdie is
die sewende titel in ‘n gewilde reeks met Sanri Steyn as hoofkarakter.. Sy wil ‘n
wêreldberoemde joernalis word, en het haar eie koerant , die Raaiselfontein
Gazette begin.
Sal die koms
van Markus se neef en sy ouers en hul nuwe tuiste die indrukwekkende
klipkasteel op Vlermuishoogte weer sorg
vir ‘n goeie storie? ‘n Besoek aan die kasteel maak dit duidelik dat sy ouers
vampiere is, en wat dan van Danté wat die ewebeeld van Markus is? Is Markus nie
dalk ook ‘n vampier nie?
‘n Heerlike
grillerige storie wat versterk word deur Johann Strauss se verbeeldingryke
illustrasies.
No comments:
Post a Comment