Wednesday, April 19, 2017

Zackie doen dit weer!


Jacobs, Jaco: Z is vir Zackie- Die Pretpark( LAPA< 2017)

Zackie en Vincent is baie opgewonde omdat hulle die pretpark gaan besoek. Maar soos gewoonlik is Anton, die boelie, ook daar om hul pret te bederf. Hulle ry op die spooktrein maar die Laggende Spook hulle uitlag, gevolg deur die Groot Wiel maar Vincent is bang hiervoor. Anton hou hom besig om hulle voor die ander kinders uit te lag. Maar die twee vriende maak ‘n plan om Anton op sy plek te sit.

In hierdie reeks vir beginner lesertjies het reeds 4 titels verskyn. Elke boek is vrolik geïllustreer deur Alex van Houwelingen en het net genoeg woordeskat om beginners te prikkel- veral as die karakters soveel pret het!

Jacobs, Jaco: Z is vir Zackie- Die Tentavontuur( LAPA, 2017)

Wat is nou lekkerder vir twee maats as om saam met Zackie se pa te gaan kamp vir die naweek?  Ongelukkig is Anton en sy spoggerige pa ook daar, en die twee kies natuurlik die beste staanplek en spot met die onervare kampeerders- hulle ken van kampeer.  So bederf hulle elke geleentheid vir die ander om vis te vang of na voëls te kyk met hul lawaaierige foon en brullende motorfiets. Zackie se pa se waarskuwing dat dit die nag gaan rëen val ook op dowe ore, en die verwaande pa en seun leer ‘n onsmaaklike les. Wie ken nou van kampeer?!

Weereens ‘n vrolike toepaslik geïllustreerde boek om kinders lief vir lees en boeke te maak.
           

No comments:

Post a Comment