Van der Colff, Elizbè : Nina en die
crazy klere( Tafelberg, 2018) Illustrasies deur Chris Venter.
Hierdie is
die derde boek in die gewilde Nina-reeks en volg op Nina en die wacky hare , en
Nina en die funky eksperiment.
Nina en haar
vriendin Jessie het kaartjies gewen om die Eksotiese Eksperimente Ekspo in die
stad by te woon waar ook nuwe uitvindings uitgestal gaan word. Hulle besluit dit sal dalk die ideale
geleentheid wees om ‘n kenner te nader wat dalk sal help om of hulle towerpet se kragte wetenskaplik te
verklaar. Die pet wys hulle vooraf twee jingmense wat werk aan ‘n masjien, die
rommeloplosser. Hulle verneem ook dat Dr. Crower, ‘n wetenskaplike uitvinder,
sy nuwe gedagteleser, die Animus Recitator vir die eerste keer gaan ten toon
stel. Dalk is hy die regte persoon om hulle met die pet te help.
Min het
hulle geweet hoe interessant en gevaarlik hul besoek aan die Ekspo gaan
wees!
Die skrywer
slaag daarin om die leser saam met die twee vriendinne op ‘n opwindende
avontuur te neem waar hulle inisiatief en dapperheid getoets word. Haar
karakters is oortuigend en geloofbaar, veral aantreklik is die natuurlikheid
van die meisies en die verligting dat hier net skoon plesier te vind is sonder
die drama van ‘n gesin wat nie funksioneer of afwykend is nie! Lekker
leesstof. Die skrywer en illustreerder
Chris Venter is ‘n wen-kombinasie.
No comments:
Post a Comment