Swemlesse vir ‘n
meermin deur Marita van der Vyver ( Tafelberg, 2015)
Op die pragtige omslag van die boek word die leser vertel:
dit is die opvolg van die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom. Hierdie boek was destyds ‘n gunsteling, ‘n
heerlike storie met ‘n onfunksionele gesin, ‘n boek geskryf met groot
opregtheid , snaaks en oorspronklik.
Dadelik dink ek- lekker! Nog ‘n storie uit die pen van ‘n
talentvolle skrywer. Hanna Hoekom gaan my op verdere opwindende avonture neem.
Maar toe is dit ‘n handleiding vir haar baba sussie Ariel
wanneer sy ‘n tiener is. Sy noem o.a.dat
dit lewensbelangrike raad is wat Ariel
hier gaan kry; ‘n eerlike gids vir ‘n moderne tiener, dat sy nie gaan preek
nie. Dit is ‘n oorlewingsgids.En die hoofstukke word ook ingedeel met opskrifte soos Skool suig; hoe weet jy as jy verlief is?; ‘n
kamer van jou eie; oor voëls en bye om
maar ‘ n paar toe noem. Weliswaar is hier ‘n skatkis van wyshede om Ariel voor
te berei vir die emosies , verhoudinge, issues van haar tienerjare. Ariel word
selfs gevra of sy nog byhou; en Hanna
gooi by al die wyshede en insigte nog sommer verwysings na boeke en
skrywers soos Tolstoi; Sylvia Plath ;
Shakespeare, Jeanne d’Arc; Cyrano de Bergerac; Groucho Marx die komediant met
‘n verwysing na die ekslusiewe klub in London; N.P.van Wyk Louw se Raka; Oscar
Wilde se wysheid en sy opmerking dat alle vroue daarna streef om soos hulle
ma’s te word; Hamlet se – om te wees of nie te wees nie; en selfs Virginia
Woolf se A room with a view en Jane Austin se karakter Darcy uit Pride en
Prejudice, en Dorothy van The Wizard of Oz. Ook Huxley se Brave new world! Regtig ‘n belese suster die! Boeke wat ek
dink die meeste lesers veel later raakgeloop
het.
Ariel het sowaar ‘n wyse suster en behoort na al hierdie
goeie raad ‘n goed geskoolde tiener te wees!
Maar vir my persoonlik is hierdie veel eerder die stem van
‘n ouer vrou; ‘n ma miskien. Sy merk selfs op dat dit al meer begin klink na
terapie vir haarself. Ek is geneig om saam te stem. Hinderlik is ook die verwysings na Die Baba
–waarom nie ook hier die suster direk aanspreek nie? Die paar Anglisismes wat gebruik word klink
ook geforseerd- soos “taf” om ‘n tiener te wees; crap; en skool “suig”.
Die enigste natuurlike “stem” of verteller in die verhaal is
wanneer Hanna die leser bekend stel aan
die seun Benjamin, haar stiefbroer se beste vriend op skool en die seun op wie sy verlief raak.
Haar en haar vriendin se pogings om haar mooi te maak vir ‘n partytjie is
oortuigend; ook soos hul verhouding ontwikkel veral na Benjamin vir ‘n ruk by
hulle tuisgaan na ‘n motor ongeluk, en die verhouding tot iets moois groei . Sy
en Benjamin se interaksie is myns insiens die “saving grace” van die verhaal.
Van der Vyver kan skryf; maar verkieslik moet hierdie talent vir my aangewend
word om ‘n storie te vertel . Dit kan sy tog baie goed
doen.
Dit sal interessant wees om tieners se reaksie
op die boek te hoor. Sekerlik sal baie ma’s die boek koop- dit is dan sulke
goeie raad.Dalk sal tieners hul heerlik
verlustig in al die wyshede; ek sou as tiener verkies om hierdie dinge self te
ondervind en uit my eie foute of suksesse self tot volwassenheid te groei. Maar nouja, sy is geregtig daarop
No comments:
Post a Comment