Liefde is ‘n sprokie, saamgestel deur
Santie Nel ( H&R, 2015)
Wie van ons
onthou nie daardie heerlike jeugjare op skool waar die hunk of dalk net die nerd teenwoordig was waarop
jy smoorverlief was nie? Gesprekke het lighartig maar soms bekommerd gegaan oor
wie gaan my nooi vir die matriekbal of sal daar iemand wees die vakansie by die
see om die tyd lekkerder te maak? Gaan
ek gespot word oor my gesig of maniere of net omdat ek die slimste kind in die
klas is? Elke jong meisie wil sekerlik behoort en voel sy is spesiaal vir
iemand.
Die
Fynbosskrywers bied hier aan
9-12jariges ‘n versameling van 22 kort liefdesstories met as uitgangspunt
bekende sprokies soos Skoonlief en die monster, Rooikappie , die Paddaprins en
die Slapende prinses wat aangepas word in ‘n moderne milieu.
En watter
lekker ligte onderhoudende leeservaring is dit nie! Vanaf die eerste
verhaal- ‘n Wolf, drievarkies en ‘n brilpaddaprins mash-up deur Elizbé van der
Colff word die leser betrek en hiervandaan word
alles sommer net nog lekkerder! Die 22 stories is elkeen van ‘n goeie
kwaliteit- die verskillende style is lewendig, vol humor , emosies oortuig en
soms is dit gevul met lekker verassings . ‘n Mens kry die gevoel dat elke
skrywer haar geniet het om haar storie te vertel, en die leeservaring word dus
een van groot plesier omdat die eerlikheid en onopgesmuktheid van die
vertelling jou tref.
Die eerste
storie vertel van ‘n kampervaring waar Carla verlief raak op die nerd met die
aaklige bril. Dan is daar Clara se nare stiefma(Lemoenkougom)
wat nie Renaldo se rose vir Clara gee nie; Bleeksiel en die skoolhunk- Lila en
Gerbrand; ‘n Bungee –sprong vir Alana wat dink sy is lelik; ‘n meisie wat kokaïen
smokkel na London; ‘n duikoefening wat amper in ‘n tragedie eindig; ‘n juffrou
met toorkragte en ‘n winterbal; Wipstert en Krok- ‘n seun met sy bene in
ysterstutte en toe nie so ‘n groot krok nie; Vlam von Huten wat ontvoer word;
Naidia se vriendinne wat ‘n ou vir haar soek; ‘n buurman wat tennis speel sodat
tennissnare hartsnare word; Cindy die Cinderella wat onwetend haar stiefsuster
se pragtige rooi rok na die bal dra; Gentian met sy geheime swart boekie; Keira
wat soos haar vriendinne in die mode wil wees; ‘n Prins vir vingerhoedjie- Maia
se bynaam; Amika wat selfbewus is omdat sy die langste meisie in die skool is
en uitvind sy is model-materiaal; Amelia wat haar woorde moet tel as sy padda
vra om saam met haar na die matriekbal te gaan-hy is toe nie so’n groot padda
nie!; Erella wat ontvoer word met ‘n kamstige skoonheidsfotosessie; Rosabella
in die spookhuis wat met ‘n soen ontwaak; Blinkoog versus Bolletjie- Elfie se nare stiefma stuur haar na ‘n skool
vir kinders met leesprobleme; Munah wie se ma haar soos goud oppas maar met
haar lang blonde vlegsel haarself uit ‘n penarie red; en laaste Esther en
Lizelle wat kragte meet in ‘n musiekblyspel…….
Hierdie
versameling is goed geblanseerd; die aanslag is deurgaans lig en vrolik en
getrou aan die jong meisie se ervaringswêreld.
Die
samesteller verdien ‘n pluimpie, en elke Fynbosskrywer ook!
No comments:
Post a Comment