Speurhond Willem en die diamantdiewe(Tafelberg, 2014)
Adriaan vertel Willem dat hulle graad gedurende die vakansie
op die Oranjerivier gaan roei, dus kan hulle nie die boomhuis bou wat hy Willem
belowe het nie. Toe hy by dis skool
aankom om te vertrek, daag Willem op in ‘n swart motor en vertel Adriaan hulle
het ander planne- hulle gaan Nabimiƫ toe om diamantsmokkelaars te vang.
Konstabel Kolgans van die Spesiale Veldeenheid verwelkom
hulle op die lughawe vergesel van die groot swart wolfhond Max. Oppad los hy die twee in die middel van die woestyn
sonder water of kos.
Gelukkig kom ‘n snaakse klein mannetjie hul te hulp. Hy gee
aan Willem ‘n pragtige pienk klippie as geskenk. Soos die ondersoek vorder kom die twee
speurders voor baie kopkrappers te staan- hoe word die diamante uitgesmokkel?
Hierdie is die sesde boek in die uiters gewilde Speurhond
Willem reeks. Die skrywer het weereens bewys dat sy haar lesers nie teleur stel
nie. Die Namibiese omgewing word
oortuigend geskilder; die plot is goed uitgedink en hou die leser betrokke tot
die einde, en met haar gemaklike skryfstyl en humoristiese aanslag is dit net
‘n groot plesier om in nog ‘n Willem avontuur te deel. Chris Venter se
illustrasies is ook in die kol en skep net die regte atmosfeer met sy uitbeelding
van die verskillende karakters en omgewing.
Mag Speurhond Willem nog baie heerlike avonture geniet! My gunsteling aanhaling uit die boek:”Sedert
ons Willem van die Dierebeskermingsvereniging gered het , was my lewe(Adriaan )
al meer dikwels in gevaar as wat my ma
vir ons poeding maak op Sondag”.
Elizabeth Wasserman( Tafelberg, 2014) Illustrasies deur Chris Venter
Oulike titel - baie skerp, Lona!
ReplyDelete