Doktor Zombos se geheime formule(LAPA, 2014)
Sanri en haar ma trek na die dorpie Raaiselfontein waar haar
ma die nuwe skoolhoof gaan wees.
Sy let dadelik die lekkergoedfabriek Bloepghloeps Lekkergoed op toe hulle die dorp
binnery.
By Lizzie se kafee vra hul aanwysings na Griezelstraat waar
hul gaan bly. ‘n Mandjie vol lekkergoed verwelkom hulle op die voorstoep. ‘n
Seun kruip agter ‘n struik weg en
waarsku haar om nie van die lekkers te eet nie. Sanri wil ‘n koerantjie die
Raaiselfontein Gazette begin, en dadelik begin sy notas maak van die vrou met
die glaserige oë. By die skool lyk al die kinders ook soos Zombies, behalwe die
tweelingbroers Carlo en Franco Bartolini
wat hulself vermaak deur opdragte aan die kinders te gee om snaakse
toertjies uit te haal. Sanri besluit sy en Markus moet die tweeling se huis
gaan besoek en ook die lekkergoedfabriek. En toe……!
‘n Verhaal wat 7-9jariges + baie sal geniet. Die skrywer het
‘n gemaklike lewendige styl; daar is genoeg intrige sodat jy enduit wil lees en
die illustreerder het met sy swart-en wit illlustrasies die atmosfeer van
zombie-land goed vasgevang.
Lees ook Sanri Steyn:
die aliens oorkant die straat.
Theresa van Balen; illustreerder JohannStrauss
No comments:
Post a Comment