Drie uiteenlopende, maar defnitief
spanningsverhale vir tieners:
De Wet Hugo, Kamp van monsters-
Grilgrypers 3( H&R, 2018)
Tannie
Temba, Clayton se pa se nuwe verloofde waarsku hom dat sy sy grootste nagmerrie
is, hoewel hy nog altyd bang was vir bome. Dan vertel sy pa dat hy vir die hele vakansie na ‘n
reabilitasiekamp gestuur word om tot beter insigte te kom oor sy aanstaande
stiefma.
Die kamp
word voorgedoen as uiters luuks, maar met sy aankoms is dit duidelik dat
hierdie sentrum nie naastenby luuks, maar liewer onpersoonlik, kil
,onherbergsaam en ook ongenadiglik gaan wees. Oppad hardloop daar ‘n dier voor
hulle in die pad- ‘n ding wat soos ‘n kruising tussen ‘n krokodil en ‘n beer
gelyk het!
Sy kampmaat
is die gespierde Ferdie. Kamp Mentors
word deur Rooibaard en sy blonde vrou bestuur. Hulle maak vriende met die twee
meisies Lerato en Ayesha.
Sommer gou
begin snaakse dinge gebeur- ‘n seun verdwyn, dan ‘n meisie wat vlou geword het,
en Clayton hoor iets kerm, en Ferdi sien ‘n vieslike ding wat soos ‘n
monsteragtige visvrou gelyk het.
Hulle word
ook op spesiale diëte geplaas, Ferdi verdwyn, en uit desperaatheid besluit die jongmense om die omgewing te
deursnuffel wat hulle op ‘n versteekte laboratorium in die woud laat
afkom: KAMP MONSTER LABORATORIUM! Hier word
die kinders gekloon met diere en
in afgryslike monsters omskep. En Clayton se aanstaande stiefma is een van die
personeellede….
Die Kamp van
monsters is ‘n spannende toevoeging tot die Grilgryper-reeks, en soos die
vorige twee titels bied dit genoeg opwinding en grusame elemente om lesers van
hierdie genre genotvolle lees-oomblikke te gee. De Wet Hugo het ‘n ryp en
oorspronklike verbeelding, en besit die vermoë om sy lesers saam met hom
op grillerige verbeeldingsvlugte te
neem. Sê nou maar net dit kan werklik gebeur?! Hoogs aanbeveel in hierdie
genre.
Walliams, David: Oupa ontsnap(
PROTEA, 2018)Afrikaans deur Kobus Geldenhuys. Illustrasies deur Tony Ross
Hierdie
gewilde skrywer het alreeds ‘n bekende naam onder Afrikaanse lesertjies geword,
en dus is ‘n nuwe storie so welkom.
Jack se oupa
begin almeer dinge vergeet, niemand kan dit verstaan nie, behalwe sy kleinseun
Jack . Hy het gou besef hy moet net saamspeel wanneer sy oupa hom op hierdie
verbeeldingsvlugte neem, :” Sy drome was propvol avonture, sy lewe vol
vervelige ure.” Sondae was die hoogtepunt van sy lewe as sy oupa hom op
uitstappies neem, veral na hul gunstelingplek, die Keiserlike Oorlogmuseum waar
sy oupa se legendariese Spitfire gehuisves word.
Soos sy
geheue versleg, en nadat hy in die Spitfire gaan wegkruip het, besluit die
polisie om Jack se oupa na ‘n ouetehuis,
Twilight Towers te stuur. Hierdie is ‘n aaklige plek, en sommer gou besluit
Jack en sy oupa dat hy hieruit moet ontsnap.
Maar ‘n rit in die Spitfire bly maar sy grootste droom, gaan die twee
daarin slaag om die Spitfire uit die museum te steel vir die grootste avontuur
van Jack se lewe?
‘n
Wonderlike eerbetoning aan die liefde tussen ‘n oupa en sy kleinseun wat met
humor, verbeeldingryk en met empatie hanteer word. Daar bly maar ‘n spesiale
band tussen kinders en hul oupas en oumas, en dan is dit nog meer spesiaal as
die kind die oupa se liefde vir vliegtuie deel. Hoogs aanbeveel.
Ahlers, Nerine en Steenkamp,
Alet: Weg( LAPA, 2018)
Weg, of
ontvoering is ‘n tema wat die uitgangspunt vorm van menigte tv rillers,
moordstories, spioenasie en politiese intriges.
In hierdie
verhaal verdwyn die meisie Niekie uit haar woonstel. Sy is kunstig en haar
gedrag dikwels ‘n bietjie onvoorspelbaar, sodat Zack haar vriend aanfanklik net
hoogs geïrriteerd is met haar,
totdat hy uiteindelik tot die besef kom dat sy werklik”weg” is, selfs haar
vriendinne is in die duister oor haar optrede.
Wanneer die
polisie se hulp ingeroep word, begin mense dinge onthou, o.a. dat sy by die woonstel
weg is vergesel van ‘n man so pas nadat haar paspoort afgelewer is.
Die gebeure
word verhaal vanaf die Sondagaand toe Zack vir haar pizza gebring het, tot die volgende Saterdag. Tipies van hierdie
tema is daar gedeeltes in die verhaal waar die ontvoerder se teenwooordigheid
by haar uitgebeeld word- hoe hy haar sien as sy pragtige prinses wat hy
teruggekry het nadat hy so lank alleen was. Want sy Niekie is weg, en nou het
hy weer vir Niekie opgespoor…
‘n Bronnelys
word aangeheg en duidelik het die twee skrywers die onderwerp van ontvoering en
die motivering agter elke individuele geval goed nagevors.
In die
geheel is die verhaal dus oortuigend geskryf, heel spanningsvol, en tieners
word weer bedag daarop gemaak dat hierdie dinge gebeur en met hulle eie vriende
ook kan gebeur. Die ideale boek om in te
span wanneer die tema van ontvoering bespreek word.
No comments:
Post a Comment