Scheeres, Solet en Van Heerden, Die
leeutemmer se assistant(LAPA, 2017)
Min het
Martjie geweet toe Bertus haar uitdaag om op die trein te klim en tot bo-op die
leeu se krat te gaan staan, dat sy langs die leeu sou beland en met die trein
op reis na ‘n vreemde bestemming sou gaan. Want toe die trein begin ry, kon sy
nie betyds afklim nie.
So begin
Martjie se avontuur saam met die Pagel sirkus. Baloi die leeu-oppasser laat
haar toe om te help met die olifante, al die ander lede is gaaf en laat haar
tuis voel, behalwe Sergei wat hom verbeel hy is nog in Rusland. Gou kom sy ook
agter dat Sergei by ‘n smokkelary betrokke is. Wally is die nukkerige olifant
wat later deur die polisie doodgeskiet word.
Die skrywer
gee op bladsy 144 inligting oor die Pagel sirkus, gevolg deur ‘n
sirkus-woordeboek, ‘n lys van woorde uit die 1930’s en ‘n bibliografie van
geraadpleegde bronne.
Kinders wat
bekoor word deur die sirkuslewe sal sekerlik die boek geniet. Scheeres skryf
oortuigend, en die spanningslyn word goed gehandhaaf.
Kaiblinger, Sonja: Harry Griesel –die
spookmeesters( H&R, 2017)
Hierdie is
die derde titel in die reeks. Otto en sy huisspoke Sir Tony, Bert enMolly en sy
troeteldier vlermuis Otto bly in Radysstraat nommer agt. Tannie Sharon is die
eienaar van die huis en versamel horlosies. ‘n Nuwe buurvrou trek in in meneer
Olsen se huis, Madame Olga, en tannie
Sharon is dadelik beïndruk met die gawe vrou. Fernando is die Spaanse spook wat
in die huis bly en hy pleit by Otto om van die verskriklike vroumens ontslae te
raak.
Hulle dink
dat sy spoke kan sien, veral as haar ligbruin oë gloei. Mettertyd sal hulle uitvind dat ‘n
werklike spookmeester deur haar werk. Dit is ‘n baie gevaarlike spook. Madame
Olga waarsku die jongmense dat oom Archibald ‘n baie spesiale pers steen in hul
tuin begrawe het,en die juweel lok die spookmeesters nader. Drakemor die Verskriklike is die spook wat
die steen wil bekom sodat hy die Grieselgrypers kan ontduik.
Gaan Otto en
sy helpers Drakemor op sy plek sit?
Lekker
opwinding vir lesers van die Harry Griesel reeks , en sommer alle kinders wat
van grillerige grieselrige stories hou!
Allers, Annabel: Kupido.com( LAPA,
2017)
‘n Debuutroman
wat ideale leesstof sal wees vir tieners
wat ‘n romantiese storie geniet. Ons heldin is Léa, ‘n doodgewone meisie wat
smoorverlief is op die hoofseun, Philip Cronjé- ‘n aantreklike donkerkop , slim
ook, maar ongelukkig het hy reeds ‘n meisie. Léa se vriendinne is bekommerd oor
haar vaal liefdeslewe, en Kaylie skep ‘n vals profiel vir haar op Kupido.com:
I’m a
SingleLady wat baie sportief is, ‘n bikinimodel in haar vrye tyd . Sy hou van
bloedrooi lipstiffie en haar ideale man is avontuurlustig en sportief en neem
die leiding en moet haar kan beskerm. Toe Philip Stud-007 van haar profile hou en wil kennis maak,
begin die uitdaging vir haar vriendinne om haar voorkoms meer opwindend te maak
sodat sy Philip kan ontmoet- ‘n rooi pruik sal haar vaal haartjies wegsteek.
Die eerste
ontmoeting is toe ook baie suksesvol, maar sal hulle dit kan volhou om Philip
te mislei? En wat van Werner die ou wat haar detensie laat kry en gedurigdeur
haar aandag probeer kry?
‘n Ligte
verhaal wat moeiloos lees en veral meisies gaan bekoor.
Smit, Louise : Haas Das se nuuskas-episode
4( H&R, 2017) Illustrasies deur Vian Oelofsen.
Klein Boeboe
Bobbejaan raak weg. Die diere dink Hoohoeff Hiëna het hom gevang. Haas Das moet
dus ‘n dringende uitsending aan die diere doen waar Koning Leeu direk met die
diere gaan praat om te help met die soektog na die verlore klein bobbejaantjie.
Kleinstinkie
Muishond is een van sy beste maatjies, en toe baasspeurder Tienie Ratel besluit
dit is tydmors om verder na die kind te soek, besluit Kleinstinkie hy gaan hom
probeer vind. Hy vertel hoe hy net toe Hoohoeff Boeboe wou vang sy stert gelig
het en hom Kolskoot in sy bakkies stink gespuit het.
So word ‘n
hartseertyd omskep in ‘n Feesdag in Diereland!
Vian
Oelofsen se illustrasies verhef ‘n doodgewone kinderstorie tot ongekende hoogtes met sy uitbeelding van
die verskillende diere en hul omgewing – hy het ‘n besondere aanvoeling van
prente wat die teks sal aanvul en die verhaal nog meer kleurvol en vermaaklik
sal maak. ‘n Pragtige boek wat op
elkeboekrak tuishoort.
Viljoen, Fanie: Krappie en die kroon(
H&R, 2017) Illustrasies deur Alistair Ackermann
Krappie hou
van avontuur. Sy sussie probeer hom nog
waarsku om nie rond te loop nie, maar Krappie wil sy omgewing verken.Hy gewaar
‘n groot blink ding tussen die rotse- dit is ‘n glasbottel waarin ‘n seeslak
vasgevang is. Toe hy sy knyper insteek om die sappige happie beet te kry,sit
dit vas. Die krewe is woedend, want Krappie
het hul koning se kroon van die rotse afgestamp, en nou moet hy dit terugkry.
Hy belowe om die kroon te gaan soek.
Die
vasgekeerde seeslak kom tot sy redding
met goeie raad, en as die bottel breek tussen die rotse, oortuig hy die
koning dat die gebreekte bottel se nek
soos ‘n kroon lyk, en die verlore kroon kan vervang.
So eindig sy
avontuur wat amper sy lewe gekos het, op ‘n positiewe noot. En as sy ma tuiskom
, verseker hy haar dat hulle sommer baie soet was!
‘n Groot
formaat prenteboek met ongewone illustrasies deur Alistair Ackermann van reuse
krewe en ‘n krappie wat rondswem met sy knyper wat in die bottel vassit. Die onderwater
tonele gee werklik ‘n gevoel van die see , en die krappie en krewe het sowaar
gesigsuitdrukkings wat wissel van vrees, woede en uiteindelik vreugde.
‘n Goeie
lewensles word vertel- hulp kom soms vanuit ‘n onverwagte oord; dit help om
vriende te maak en ‘n ander te vertrou, selfs as dit amper onmoontlik lyk onder
die omstandighede.
Jacobs, Jaco en Viljoen, Fanie: Die
wonderwêreld van seelewe( LAPA, 2017)
Hierdie is
die 13 de titel in die Hoezit! –reeks. Alle aspekte van oseane en die visse ,
seesoogdiere, jellievisse, krappe en krewe, voëls, seeskilpaaie, pikkewyne word
in ‘n kleurvolle kinder-vriendelike publikasie uiteen gesit.
Vreemde
feite oor bv. ‘n haai word gegee, dat ‘n Blouwalvisse tong omtrent soveel wweeg
soos ‘n olifant; end at ‘n deel van ‘n seekat se brein in sy arms sit.
‘n
Letterblok versteek seediere wat kinders kan soek, 5 mites uit die see word
vertel, en daar is selfs ‘n tangram wat kinders kan gebruikom dierevorms te
maak. Rekords uit die see, asook ‘n paar van die see se gevaarlikste bewoners
soos die Leeuvis, die Blouringseekat en die Boksjellievis wat uiters giftig is.
Daar is finaal ook ‘n versoek omons oseane te red,, en drie bladsye van vrae om
kinders se kennis te toets volg.
Werklik ‘n
nuttige publikasie wat teen R80 maklik bekombaar is, ook vir tuis versamelings.
No comments:
Post a Comment