Walliams, David: Die tande-terroris(
PROTEA, 2017)Illustrasies deur Tony Ross .
Ses titels
deur Walliams het al sedert 2015 by PROTEA
verskyn, en elke boek is met groot genoegdoening gelees. Die
Tande-terroris is geen uitsondering nie-“dit is ‘n gruwelike storie met baie
opgemaakte woorde!”
Stel jou
voor: vreemde goed gebeur in die nag in hierdie dorp- die tande wat kinders
onder hul kussings los vir die tandfeetjie word deur aaklikge goeters soos
dooie slakke en spinnekoppe vervang. Toe ‘n nuwe tandarts Dr. Payne haar
verskyning maak word Alfie gou een van haar slagoffers- hy het ‘n mondvol
slegte tande na ‘n pynlike ondervinding met ‘n vorige tandarts, maar niks het
hom voorberei vir waartoe Dr. Payne in staat is nie! Hy is nou gedetermineerd om uit te vind wie
die booswig is wat die kinders so treiter, en Raj die winkelier skenk sy tand
vir die proefneming. Alfie moet ook nog die nuuskierige maatskaplike werker
Winnie en sy siek pa en Gabz , sy vriendin hanteer. Dit word letterlik’n
heksejag en baie gevaarlik vir Gabz en Alfie.
Walliams se
vrugbare skeppende verbeelding en fyn humorsin stel weer nie teleur nie! Alfie
se ondervinding in Dr. Payne se stoel sal menige leser nagmerries gee- en groot
dankbaarheid dat sy net in hierdie storie lewendig word. ‘n Grillerige vreesaanjaende leeservaring
soos min.
No comments:
Post a Comment