Mennen, Ingrid: Ink( Tafelberg, 2016)
Illustrasies deur Irene Berg
“Letters
maak woorde Een vir een kry alles
naam…”
In Tinka se
gesin is daar pa, ma, Slip , Rosie en Jas. En die pragtigste swart kat wat
orals teenwoordig is.
Sy neem die
jong leser en volwassenes op haar verkenningstog van woorde – woorde wat
stories maak , en veral wanneer jy jou eie boek maak – is dit vir altyd jou
maat wat die lekkerste stories kan vertel!
Sy vra haar
ma om haar buitelyne op koerantpapier af te trek. Toe teken sy die dogtertjie
Ink binne die buitelyne. Die papierpop knip sy later uit en maak ‘n boekie
daarvan.
Jong lesers
kan saam met Tinka deel in ‘n leeservaring wat sy self geskep het.
Irene Berg
was ook die illustreerder vir Ben en die walvisse wat die MER prys en die Alba
Bouwer prys gewen het. Hier gebruik sy baie donker kleure- swart en bruin ,
roesbruin vir die buitelyne van Ink. Tinka woon in ‘n landelike omgewing in ‘n
hegte gesinsverband.Baie oorspronklik in die uitbeelding van letters wat deur
die lug beweeg om in ‘n boek saamgevat te word. Die swart kat is ‘n gunsteling
teenwoordigheid en Tinka se voorkoms is heel ongewoon en innemend met haar
groot ronde bril, vlegsels en klein pruil mondjie.
‘n Keurig
versorgde boek wat tot lesers wat iets “anders” soek sal spreek.
No comments:
Post a Comment