Prenteboeke vir kleuters:
100 eerste woorde deur Cheeky Monkey
Publishing( H&R, 2016) Afrikaans deur Charles Siboto
Wat is nou
lekkerder vir nuuskierige kleintjies om ‘n boek te kry met loergaatjies en
flappe?!
Die honderd
eerste woorde is versprei deur die hardeband boek met ‘n loergaatjie en flappie
op elke tweede bladsy waar kinders kan raai wat hulle deur die loergaatjie
sien.
Die woorde
is saamgegroepeer onder speelgoed, kos, klere, buite speel en badtyd saans.
Die plusunte
van die boekie is die feit dat al die speelgoed en klere fotos van die item is;
die hele aanbieding is heerlik kleurvol , die flappies se agtergrond kleure
vertel waarop die woorde betrekking het, en die stewige hardeband belowe lang
ure van vermaak en leer. Oulike aanbieding.
100 woorde oor diere deur Cheeky
Monkey publishing( H&R, 2016) Afrikaans deur Charles Siboto
Diere bly
nou maar ‘n groot gunsteling onder jong lesers, en dan is die diere hier
regtige diere en sal hul leer om diere te identifiseer en ook deur die
loergaatjie en flappies op te spoor. In die veld, die oerwoud, die see , in die
wildernis en as troeteldiere is daar 100 items om te waardeer. Elke boek
bevatdie 100 woorde op die agterbladsy in ‘n helderkleurige geel tabel. Baie aanloklike boekies!
Wilde diere-feite en geite: kan ‘n
olifant sonbrand? Deur Camilla de la Boyere met illlustrasies deur Aleksei
Bitskoff. Afrikaans deur Kobus Geldenhuys.
4 stewige
sagteband prenteboeke verskyn in die reeks. Die ander titels is Kan’n krokodil
basketball speel?; Kan ‘n tier touloop? En Kan ‘n apie waterski? en ander vrae.
Hierdie is
nou werklik 4 boeke wat veral kinders met ‘n goeie humorsin baie gaan geniet,
terwyl hulle ook meer leer oor die gewoontes en eienaardighede van die
spesifieke dier.
So vind ek
uit dat ‘n baba olifant 10 liter melk in ‘n dag drink en die ma kan weglê aan
1400 appels! Baba olifante suig aan hul slurpe as hul snags troos soek; en een
weeg soveel as 8 kinders. Hulle blyplek word op ‘n kaart aangedui, en elke
boekie sluit af met ‘n poskaart deur die olifantaan ‘n mens-gesin.
Hierdie vier
boeke is vanaf elke kleurvolle omslag met vrolike diere wat baljaar en
hulleself geniet, en verder met elke bladsy net een groot heerlike
skaterlag-ervaring. Hoogs aanbeveel.
Vir beginner lesers, 7+jariges:
Twee nuwe titels in die gewilde
Professor Fungus reeks:
Professor Fungus en die
diepsee-dilemma deur Jaco Jacobs met illustrasies deur Johann Strauss( LAPA,
2016)
Hierdie is
die negende titel in die reeks, en weereens was ek nie teleurgesteld nie en kon
die boek soos die vorige titels baie geniet.
Professor
Fungus en sy vriend Igtus nooi Bennie en Jennie om hul te vergesel wanneer die
nuwe spesiale duikboot V.I.S (Veeldoelige immerslewe seevaartuig) uitgetoets
gaan word. Die duikboot moet die twee geleerdes help om vas te stel of daar ook
‘n Hipermegasuperdoeper Pylinkvis bestaan. So vaar hulle die dieptes in, met
die robot Edison al brommende saam, want hy wil tog nie nat word nie. ‘n
pylinkvis –ma laat hul boot sink, en dit is die twee kinder swat dit vir hulle
moontlik maak om die eiland te verlaat waar hulle gestrand is; en Jennie het
gelukkig ook die pylvis met haar selfoon op ‘n video vasgelê.
Jaco Jacobs
het nou maar ‘n aanvoeling vir ‘n kind se ervaringswêreld en kan hul vermaak en
nuuskierig maak om verder te lees. Johann Strauss se illustrasies bly absoluut
‘n groot vreugde en dra ongetwyfeld by tot die genot van die leeservaring.
Professor Fungus en die vreeslik
gevaarlike tuinkabouters: Jaco Jacobs, met illustrasies deur Johann Strauss.(
LAPA, 2016)
Die tiende
titel in die reeks is weer propvol vermaak. Baie lesers sal saamstem dat
daardie tuinkabouters in tuine nou nie juis die meeste mense se gunsteling
tuinverfraaiers is nie; en ‘n mens kry ook soms so ‘n onheilspellende gevoel as
jy een so stokstyf sien staan!
Jy was toe
nie verniet ongemaklik nie, want Professor Fungus en die twee kinders ontdek in
die verhaal dat tuinkabouters onskadelik mag lyk, maar pasop as Zenobia
Ziervogel, Professor Fungus se grootste vyand, vanuit haar Zirkopter in die lug
opdragte uitblaf aan haar onderdanige kabouter-linie wat maar te gereed is om
die Professor se laboratorium te verwoes. Gelukkig is die robot Edison in staat
om stemme na te boots, en so word Bennie ook gered.Die Professor se fantastiese
ruk-en-rol-spaghetti eksperiment word ook ingesluit sodat energieke kinders dit
kan probeer maak.
Lekker ligte
vermaaklike leesstof wat beginner lesers sal aanspoor tot ‘n liefde vir boeke
en lees. Johan Strauss beïndruk nogmaals met super aksie-belaaide prente.
No comments:
Post a Comment