Smit, Louise en Fischer, Shân: Sarel
seemonster leer ons van kleure( H&R,
2015)
‘n Reeks van
4 titels in die Wielie Walie Woelwaters reeks met elkeen van die 4 titels in ‘n
helder kleurvolle omslag- blou, geel, rooi en groen.
Die boekies
is in hardeband gedoen, met ‘n draaiwiel waar kleure opgespoor kan word.
Verskillende aktiwiteite kan gedoen word en kinders kan hulleself ‘n regmerkie
in die blokkie gee as hulle dit korrek doen. Kleurvolle balonne kan verbind
word met ‘n tou in dieselfde kleur; in die park word kleurvolle dinge uitgewys;
‘n stopstraat se tekens word verduidelik; en selfs hoe kleur vermeng word om ‘n
ander kleur te kry word verduidelik. ‘n Rëen boog se kleure verskyn, asook
kleure wat nie in die rëenboog voorkom nie. Kinders leer hoe om ‘n kleurwiel te
maak en dit te gebruik. ‘n Pen is ingesluit wat weer skoongevee kan word. Baie mooi kleurvol en behoort kleintjies
besig te hou terwyl hulle leer.
Smit, Louise en Fischer Shân: Karel
Kraai leer ons van syfers( H&R, 2015)
Die wiel kan
gedraai word om die eiers in ‘n nes te tel. Vanaf die getal 1tot 20 kan elke
getal geidentifiseer word en die
kolletjies in ‘n blokkie word verbind en die kind kan dan die getal skryf. Elke
getal word weer verteenwoordig deur bv. Blomme, of kersies of skoenlappers . ‘n
telspeletjie word ook ingesluit.
Smit, Louise en Fischer, Shân: Haas
Das leer ons van teenoorgesteldes( H&R, 2015)
Woelwaters
kan die wiel draai en na al die groot diere kyk. Met die omblaai leer hulle
weer van die kleinste diere. Vinnig en stadig word dan verduidelik met die
luiperd en ‘n slakkie; en lank en kort diere is verteenwoordig deur kameelperd
en dassie. Nat en droog kry ‘n beurt, hard en sag en sterk en swak. Selfs op en
af, bo en onder fluks en lui is nie vergeet nie. Kinders kan teenoorgestelde
stomstreke speel deur teenoorgesteldes te verduidelik met gebare en
aktiwiteite.
Smit, Luise en Fischer, Shân: Bennie
Boekwurm leer on van vorms( H&R, 2015)
Deur die
wiel te draai kan kinders ‘n fiets kies met wiele wat elk van die 6 die
verskillende vorms verteenwoordig. Verder word elke vorm verduidelik met
voorbeelde. Die vriendelike Bennie Boekworm is deurgaans teenwoordig as die
karaktertjie wat hulle help om te leer. Laastens word hul uitgenooi om hul eie
vorm-prentjie te maak, bv. soos die vuurpyl wat maan toe vertrek.
Die boeke is
by die Suid Afrikaanse storietyd
karakters in die Wielie Walie Woelwaters reeks aangepas in samewerking met die
Cheeky Monkey uitgewersmaatskappy in Engeland. Hierdie aktiwiteitsboeke kan ook
op Facebook opgespoor word by www.facebook.com/NBJongklomp.
Vir ouers en
grootouers wat kinders besig wil hou terwyl hulle sommer leer ook, is hierdie
boeke net die regte ding!
Lona Gericke
Oktober 2015.
Thanks for sharing, nice post! Post really provice useful information!
ReplyDeleteAn Thái Sơn với website anthaison.vn chuyên sản phẩm máy đưa võng hay máy đưa võng tự động tốt cho bé là địa chỉ bán máy đưa võng giá rẻ tại TP.HCM và giúp bạn tìm máy đưa võng loại nào tốt hiện nay.