My Bekendmaking met Naledi se boeke:
Maartens, Wendy: Kaptein Seeley
Kimberley se waterwoef( Naledi, 2015) . Ilustrasies deur Colleen Gericke
Die
inspirerende verhaal van die dapper hond Kaptein Seeley- haar naam was eers
Gigi en haar redding uit Kimberley se Groot Gat deur die polisieman John
Seeley. Haar verhaal het jou verbeelding aangegryp, en hier vertel Wendy
Maartens dit in eenvoudige taal sodat jong lesers self kan lees. Die boek word
uitgegee as ‘n reeks Ware diere-avonture
1.
Hierdie boek
in sagteband is baie treffend geillustreer deur ColleenGericke. Deurgaans
gebruik sy donker kleure wat opgehelder word met die rooi helicopter –‘n teken
van hoop, en dan haar redder in sy rooi mondering. Kaptein Seeley word met fyn
aanvoeling geteken- die leser sien voortdurend sy geel lyfie teen die donker
agtergrond van ‘n diep onheilspellende gat.
Die eerste
boek in die reeks is uiters geslaagd en sal baie kinders se harte verbly.
Botha, Jaco: Die avonture van Lulu
Lerulu (Naledi,
2015) Illustrasies deur Janienke van Zyl.
Watter jong
leser sal nie soos ek absoluut betrokke raak by Lulu se avonture nie!
Lulu word
aangeneem deur die vriendelike Tannie Pizza. Sy sorg goed vir Lulu maar
ongelukkig is sy spoedig verplig om vir Lulu ‘n ander tuiste te kry, want
Tannie Pizza word aangekeer omdat sy dronk bestuur, en Lulu word die eiendom
van die nare polisieman sersant Brand en sy afknouerige seun Krisjan. Haar
omstandighede word al hagliker- sy moet self iets vind om te eet, en word later
in die tuin vasgemaak waar sy verswak en amper van honger omkom. Gelukkig
besluit Tannie Pizza om te gaan kyk hoe dit met haar gaan, en Inkie en haar man
besluit dat Lulu by hulle kan bly. Hier kry sy die geleentheid om te wys hoe
dapper sy regtig is.
Lulu se
verhaal, grotendeels ‘n ware verhaal, behoort
baie lesertjies te boei .
Die
illustrasies en aanbieding in die geheel het amper ‘n gevoel van
ongekunstelheid en en opregtheid.
Persoonlik
sou ek die bedankings van die skrywer aan Lulu se honde vriende se eienaars wat
hoofstukke geborg het, aan die einde van die verhaal geplaas het.
Marais, Elaine: Bont alarm( Naledi, 2015)
Hierdie is
Elaine Marais se eerste jeugverhaal, Sy skryf gewilde Christelike
liefdesromans, en die inslag is duidelik subtiel ingeweef in ‘n verhaal waar
die hoofkarakter Juhan Bruwer uit ‘n godsdienstige familie kom en deur ‘n fase
in sy lewe gaan waar hy moet leer om weer die seun te word waarop hy self ook
trots kan wees.
Hy “leen” sy
Pa se motorfiets, en ry tannie Lenie se hondjie dood. So begin hy die tannie
help in haar tuin en om die huis, en ‘n sterk vriendskap ontwikkel tussen die
twee. Sy bederf hom met haar heerlike gebak, en later oortuig hy sy twee
vriende om hom te help om haar huis ook te verf.
‘n
Interessante verwikkeling is sy belangstelling in die meisie Karien ; sy dink
hy wil die hondjie by hulle koop vir ‘n ander meisie.
Die skrywer
is duidelik ervare en gee ‘n lekker afsluiting tot die verhaal waar die
karakters uiteindelik bymekaar gebring
word. Die godsdienstige inslag is baie diskreet gedoen, en nie hinderlik nie.
Goeie aanbieding.
Kulsen, Anzil: Sorrie maak nie gesond
nie( Naledi, 2015)
Vanaf die
eerste paragraaf waar Rose en Rodriek in sy kar teen Soetberg geparkeer
is, sal tieners betrokke raak by ‘n
verhaal waar baie meisies sal identifiseer met Rose se stryd om nie seksueel
aktief te wees en aan Rodriek se versoeke gehoor te gee nie. Ongelukkig het hul
besoek aan die klub Las Vegas Rose wel in n situasie gebring waar sy verwagtend
is, en omdat sy niks van die aan onthou nie, glo dat Rodriek haar verkrag het.
Haar
huislike omstandighede is ook ingewikkeld met ‘n ma wat te veel drink, en nog
steeds treur oor Rose se oorlede boetie. Haar pa weer probeer by die gesin
betrokke wees, maar slaag nie altyd hierin nie.
Kulsen skryf
hier ‘n verhaal wat soms onaangenaam is om te lees,maar terselfdertyd is die
situasies werkliken die emosies sterk , oortuigend en aangrypend. Rose se omstandighede en stryd is geloofbaar
en werklik. Tieners sal baat vind by die lees van ‘n boek wat uiters leersaam
is. ‘n Sterk verhaal, met die boodskap dat Sorrie nie gesond maak nie.
Mia
Oosthuizen as uitgewer word geluk gewens met die keuses wat sy gemaak het- elke
boek het meriete en die keuring was in die kol.
Lona
Gericke. Oktober2015
No comments:
Post a Comment