Lotta se lewe- bendes, swape en skape
Na die leser se eerste bekendmaking met Lotta in die boek
Konyne by dosyne , is hier die geleentheid om nog meer van haar avonture te
geniet. Sy vermaak ons weer in dagboek
formaat en vertel van Hekel die papegaai-koketiel wat haar wakker skree en nog
vir drie weke haar gaan irriteer.Sy is nog altyd bevrees om haar blokfluit te
speel. Berenice begin ‘n Meisiebende,
die Glamour girls, en Lotta stig toe dadelik haar eie bende- Die Kwaai
konyne. Omdat net sy en Chantelle daaraan behoort, nooi sy toe maar Paul om ook
‘n lid te wees. Lotta noem Berenice se bende die Skaapkoppe. Chantelle
is bang vir Juffrou Knacker en die wiskunde toets, en draai stokkies. Lotta
skryf toe maar self die brief en sĂȘ sy het pes en kon nie skooltoe gaan nie.
Hulle hou hulle ook besig om die ander bende af te loer.
Hulle word na Berenice se partytjie genooi en slaan tent op
daar. Daar is toe ‘n kompetisie waar die person ‘n mini MP3 speler kan wen! Die
Rockers is ‘n seunsbende met die sterkste ouens in die klas. Die partytjie is
‘n tipiese kinder-geleentheid: ‘n
verjaarsdagkoeke; speletjies en vermaak en die nag slaap almal oor in hul
onderskeie tente. Haar deelname aan die skool orkes is ‘n fiasco:” note het vir
my nog altyd gelyk asof ‘n vlieg oral op ‘n stuk papier gebollie het”.
Sportdag by die skool is Berenice weer in bevel. Lotta hoop
net dat Berenice tog nie die vergooi kompetisie wen nieen ‘n goue sertifikaat
verower nie! Die vier Rockers begrawe
arme Paul in die verspring-sandput, en die twee meisies neem wraak deur hulle
met die tennisnet vas te bind. Nou is Paul nie meer kwaad vir hulle nie en weer
vriende. Hekel die papegaai word gehaal en Lotta is nogal hartseer hieroor. Die
paar grys vere wat van hom agtergebly het, het sy in haar klein skatkis gebere.
Lekker leesstof vir jonger lesers. Die illustrasies van
Daniela Kohl vul die teks so lekker aan;
dit maak die boek nog lekkerder om te lees.
Pantermuller, Alice ( H&R, 2014)
No comments:
Post a Comment