Koch, Miriam: Andries
Anders ‘n reis met die wind( PROTEA, 2016)In Afrikaans vertaal deur Nicol
Stassen
Andries Anders woon naby ‘n vuurtoring op ‘n dyk met sagte
gras. Hier vertel die winde en die see
stories , en Andries luister en droom
van hierdie interessante vreemde plekke, en reuke – ‘n wit land, groen tropiese
gebiede, ‘n woestyn.
Maar Andries keer graag terug na sy tuiste waar hy verder
drome kan droom.
Hierdie verhaal se teks is baie poëties, en neem fyngevoelige lesers op reis- net vir
‘n wyle- saam met Andries.
‘n Sensitiewe verhaal met fyn tekeninge deur ‘n talentvolle
illustreerder.
Die boek se formaat is heel verskillend van die meeste
kinderboeke- ‘n langwerpige smal boek wat hantering vir kleintjies kan
bemoeilik . My gevoel is dat die aanbieding meer tot volwassenes en of
gesofistikeerde jeugdiges sal spreek.
Jeugboeke:
Taute, Dihanna: Ek
en Prins donkerkuif( H&R, 2016)
Lehandi is gladnie beïndruk met hul nuwe huis – ‘n groot
dubbelverdieping rondawel wat onder ‘n “strooihoed” staan en dan nog in
Pretoria waar sy oortuig is hul gesin nie maklik kwaliteit gesinstyd sal beleef
nie- ‘n totale “myth”.
Haar ma se kleresmaak is outyds, haar pa suinig en alles
moet op sy manier gedoen word en “bogger
die res”.
By die nuwe skool probeer die nerd Rochelle Olivier dadelik
met haar vriende maak. Sy praat
aanhoudend en het daarby ‘n vispatee-asem wat Lehandi wil laat
opgooi.
Sy besluit dat sy op 16 nou regtig ‘n boyfriend moet kry –
die perfekte kandidaat is Frans Bruwer met sy donker hare en bruin oë , pragtig
gebou en tog te hoflik.
Maar daar is ook die
buurseun Drayke Hunter , en hulle het altwee probleme met hul ouers-hare wil
skei, en syne is geskei. En hy wil haar
maar netnie ophou verpes nie!
Dit is duidelik ‘n tipiese tienerverhaal met karakters met wie lesers sal
identifiseer. Wat die boek ‘n wenner maak is Taute se skryfstyl en talent –
haar woordkeuses is verfrissend oorspronklik , en die verhaal lees lekker en ek
kon genot put uit haar beskrywings van situasies en karakters. Hoogs aanbeveel
vir ‘n lekker onderhoudende ligte leeservaring.
Honikman, M J : There
should be five( Tafelberg, 2016)
This is the story of a South African WW11 hero, Job Maseko .
In 1942 at Tobruk Harbour, he is taken prisoner by General Rommel along with
33000 Allied troops.
The writer states in an introduction that he developed the
character Sipho Ndebele through whose
eyes much of the story is told from his father’s stories about the black
soldier who saved his life in this war.
Sipho is a South African prisoner of war along with Job. They
have been friends since his childhood in Natal, and where Sipho lives with
fear, Job is fearless. In
contrast to the other prisoners, Job is determined that the Germans must not
win the war, and this determination and courage leads him to perform
something so extraordinary that it earned him a medal.
This story will lure , especially boys, to read about a war hero . Apart from Siphos
narration, there are notes from the author at the back sharing more information
, also about Adolph Malan, a pilot in the war; the Victoria Cross , and some
acknowledgements and thanks. Many references are also listed, and a few
photographs of soldiers in the war.
Quite a fascinating read, with immense possibilities for
classroom use and discussions.
Viljoen, Fanie:
Monster rugby( LAPA, 2016)
Ampie Coetzee is
“gebou soos ‘n wensbeentjie:dun en benerig”. Hy is nou nie juis die grootste
aanwins vir Laerskool Breekkloof se rugbyspan nie; dalk sal ‘n meer geskikte
rol die van gelukbringer wees- “ daardie ou wat in ‘n pienk flamink-kostuum
langs die veld rondhardloop.”
Maar hy speel rugby, en toe die nuwe seun by die span
aansluit, moet dit nou juis hy wees wat die waarheid omtrent Max uitvind- hy is
in werklikheid ‘n aaklige monster! Net Dora glo hom; en die twee beraam ‘n plan
om Max te ontmasker. Dora laat Ampie oefen om fiks te word, en ‘n Rugbywestryd
teen ‘n hele span monsters gaan dalk die geleentheid wees om Max
boosaardig kwaad maak, want as hy kweed is , verander hy….
Heerlike ligte leesstof vir jong lesers – lekker groot druk
en genoeg vermaak vir ‘n oomblik van leesgenot. Fanie Viljoen weet net hoe.
Byrne, Richard: Die
boek het my hond ingesluk( H&R, 2016)
Toe Bella eendag met haar hond oor die bladsye van die boek
stap , verdwyn hy skielik en word “ingesluk” deur die boek! Ben besluit om
ondersoek in te stel, maar hy verdwyn ook. Die honderedders en brandweer verdwyn ook. ‘n Briefie verskyn egter met die
versoek dat die boek op sy sy gedraai moet word en geskudmoet word, sodat alles
weer kan verskyn. Alles is nou soos dit hoort, behalwe vir Bella se hond-lees
maar self wat met hom gebeur!
Die eenvoud van illustrasies gekombineer met die teks in
oranje ; ‘n oulike dogtertjie met ‘n wollerige brakkie wat onskuldig deur die bladsye
van die boek loop het heelwat bekoring en sal kinders se humorsin prikkel. Geen wonder die leser word versoek om die
boek te vra om nie weer so stout te wees as jy hom lees nie!
Ligte leesvermaak met ‘n klein Kinkel!